Onse Kaia is 'n pragtige 3 slaapkamer kothuis in 'n veilige en beskutte park in Hartenbos. Ons bied braai-geriewe en parkeerplek op die terrein. Die park is kinder-vriendelik en die gaste kan gebruik maak van die gemeenskaplike swembad en tennisbaan wat slegs 50 meter weg is.

Onse Kaia is gebou op twee vlakke, die hoofslaapkamer onder, met 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer - 'n bad en stort.

Bo, is die ander twee slaapkamers, een  met 'n dubbelbed en die ander een met 'n kajuitbed. Die twee kamers het 'n gesamentlike badkamer wat slegs 'n stort het. Waaiers en verwarmers is beskikbaar vir al die kamers.
Al die kamers het ingeboude kaste.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, stoof met uitsuig-waaier en skottelgoedwasser. Gaste kan hul maaltye rondom die eetkamertafel, wat sitplek vir ses persone het, geniet.  

'n Wasmasjien en tuimeldroër is ook voorsien vir u gemak. Die woonkamer is gerieflik gemeubileer en toegerus met 'n Tv-stel met DSTV.

Die braaigebied het 'n ingeboude braaiplek buite en voorsien 'n lekker kuierplek. Dit is beskud teen die seewinde. Tafeltjies is voorsien om eetgerei op neer te sit, sowel as 'n buitetafel en stoele.

Hartenbos het 'n pragtige strand om op te stap, te hengel of te sonbraai. Die vlak strandmeer bied veilige plek vir swem en kano-roei. Walvis, dolfyn en rob-kyk is baie gewild gedurende Mei tot November. Die riviermonding is 'n gewilde broeiplek vir seevoëls. Gaste kan die verhitte binnenshuise swembad, die super glybaan, 'n vermaaksentrum en die plaaslike museum, wat 'n uitstekende voorstelling van die Groot-Trek het, besoek.

Fasiliteite
  • afstandbeheer sekuriteit
  • braai
  • buite swembad
  • buite swembadjie
  • DSTV in eenheid
  • mikrogolf in eenheid
  • parkering op die terrein
  • private ingang
  • restaurant (minder as 5km)
  • skottelgoedwasser
  • tennisbaan
  • tuimeldroër in eenheid
  • wasmasjien in eenheid