Zululand & Maputaland Akkommodasie

»

Lake Jozini / Pongolapoort Dam Akkommodasie

»

Wildreservaat / Bosveld Verblyf in Lake Jozini / Pongolapoort Dam

Nkonkoni Tiger Fishing CampEnglish

Nkonkoni Tiger Fishing Camp
Beskikbaarheid + Tariewe + Bespreking
Gas resensies
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Jozini - Nkonkoni Camp
Pongolapoort Biosphere
Maputaland
KwaZulu-Natal
South Africa
Kontak : Lee
INT Faks : 086-6714361
Sel : 082-5522202

Nkonkoni kamp is elke visserman se droom. Pongola Dam. Nkonkoni Tiger Fishing Camp is uniek geleë in die Pongola Biosfeer en is deel van 'n voël heiligdom.

Let asseblief op die boot lootsplek is minder as 1km weg van die kamp.

Tiervis Hengel
Die ware skat is die tiervis, wat volop in die Pongola Dam geword het, met ‘n gewig van meer as 8kgs. Dit het die stokke van sport vissermanne gelok van regoor Suid-Afrika oor die afgelope paar jaar. Dit het onlangs 'n premier kunsvlieghengel lokaal geword, met die kragtige Tiervis en 27 ander visspesies wat jou vaardigheid en toerusting toets.

Akkommodasie fasiliteite
Nkonkoni Tiger Fishing Camp is ontwerp vir die visserman en sy gesin en verskaf selfsorg akkommodasie vir 6 mense in elke luukse tent, ons ruim uitleg en gemeenskaplike eet fasiliteite in die boma maak van die Afrika aande 'n sosiale geleentheid om te onthou. Of dit 'n potjie oor die boma vuur of 'n kontinentale ontbyt is, die opelug kombuis maak voorsiening vir elke behoefte. As ‘n tent nie jou styl is nie waarom probeer jy nie ons chalets nie, 'n tikkie meer  klas te midde van die bos. Elke chalet het lugverkoeling met 'n keuse van 'n spa-bad of Victoriaanse bad of met ‘n stort onder die sterre. Chalets het elk hul eie kombuisie en privaat braai / boma area.

Wildbesigtiging
'n Klipgooi van Nkonkoni Tiger Fishing Camp is ons watergat, 'n gunsteling plek vir ‘n reeks wilde diere en voëls. Gedurende die rustigheid van die aand , geniet die klanke van die bos met skemerkelkies, terwyl jy terug dink aan die dag se ontmoetings met die magtige Tiervis. Nagritte sal jou naby aan die diverse natuurlewe van  die Biosfeer bring, of neem ‘n tydjie af van hengel  en geniet ‘n week in die natuur vanuit die gerief van 'n boot.

Voëlkyk
Nkonkoni is die tuiste van 'n voël heiligdom, en 'n voëlkykers paradys. Soorte wissel van watervoëls wat migreer tot die voëls van die bosveld.

Sentrale ligging:
Nkonkoni Tiger Fishing Camp is sentraal geposisioneer, naby aan baie gesogde bestemmings. 'n Mens kan 'n daguitstappie neem na Swaziland, of soutwater kunsvlieghengel by Kosibaai, en nog daar arriveer vir ontbyt. Die opsies is eindeloos, met 'n paar van KZN se wildparke en Maputaland se juwele wat wag om ontdek te word, alles binne 'n redelike ry-afstand.

Kom kuier saam met ons en geniet ons pragtige deel van Afrika, waar die opkoms en ondergaan van die son tyd merk en waar die skoonheid van ons meer op jou hart gegraveer sal word vir die komende jaar. Bring 'n boot, jou stokke, 'n kamera en baie vrye tyd. Moenie die braai goedjies en die verversings vergeet nie!

Rigting aanwysings

GPS-koördinate
S 27 32. 309
O 03158. 829

  • Betalings Opsies
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Fasiliteite
  • grootwild
  • bootritte (minder as 5km)
  • braai
  • braai - kommunale
  • buite swembad
  • DSTV in kommunale gebied
  • grootwild (minder as 30 km)
  • jag (minder as 30 km)
  • kombuis (volledig toegerus)
  • lughawe (minder as 15km)
  • lughawe oordragte
  • lugversorger (sommige eenhede)
  • meer op die terrein
  • tee / koffie fasiliteite
  • televisie in die kommunale gebied
  • visvang op die terrein
  • wasgeriewe
  • Spesiale Kategorieë
  • Visvang Verblyf - Varswater
Ons Ondernemings
Umziki Chalets
Bladsy Statistieke
100631 besigtings sedert 21 May, 2002.
Laas opgedateer op 16 Apr, 2018.