Ndawana River Lodge is 'n skilderagtige en rustige wegbreekplek in die Suidelike Drakensberge. Ons bied gaste 'n hawe van rus en vrede waar hulle kan voëls kan kyk, kunsvlieghengel in die stilstaande of lopende riviere, gaan draf en vele meer ontspannende aktiwiteite geniet. Wat die akkommodasie betref, hier is n ten volle toegeruste selfsorg-kothuis, geskik vir 8 persone, op die oewer van die Ndawanerivier. 

Binne die lodge is daar 'n kaggel om te verseker gaste sal al te lekker en gesellig in die koue winters binne kan kuier. Daar is ook 'n braaiplek buite sodat jy die pragtige natuurskoon kan waardeer en inneem wanneer jy saans 'n lekker vleisie braai. Die kombuis is ten volle toegerus met eetgerei en breekware.

Hoewel die akkommodasie op 'n selfsorg-basis aangebied word, kan B&B ook versoek word. 

Wat om te doen? 
* Kunsvlieghengel - Valley Lakes is 'n ideaal bestemming vir kunsvlieghengel. Gaste kan in die rivier reg voor die kothuis vang of in die 100 Ha Curragh-meer gaan lyne gooi. 
* Voelkyk - Die kombinasie, of kontras van die riete langs die rivier, gepaard met die heuwels, rotse en oop velde maak dat ons 'n wye verskeidenheid van voëls in die area het. Gaste kan al te lekker gaan stap en die natuurskoon en voëllewe inneem. 
* Draf - Hier is talle heuwels en lekker drafroetes wat jou asem sal wegslaan. Hoewel van die roetes effe van 'n helling het, is die beloning die moeite werd. 

Vir die kinders: 
Kinders kan al te lekker in die perdekar ry, wat deur ons betroubare perd getrek word. Hier is ook 'n klimraam en wandelpaaie vir die kinders. Verder is hier roeibote, let net asb. kinders onder 12 jaar moet deur 'n volwassene vergesel word.

Fasiliteite
  • braai
  • braai (sommige eenhede)
  • kaggel
  • kombuisie (sommige eenhede)
  • mikrogolf (sommige eenhede)
  • mikrogolf in eenheid
  • Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.
  • yskas in eenheid