Mountain Villa in Clarens - bied slaapplek vir tot 6 gaste.

Die Mountain Villa is gelëe op die Clarens Golf and Leisure Estate met 'n pragtige uitsig op die Maluti Bergreeks. Met 'n uitsig op Berg-Horeb bied hierdie nuut geboude villa 3 slaapkamers vir verblyf vir tot ses gaste.

Die hoofslaapkamer het 'n koningins-grootte bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde het twee enkelbeddens. Al die slaapkamers het eie badkamers met 'n bad en 'n stort. Die hoof- en tweede slaapkamer het skuifdeure na 'n groot stoep.

Mountain Villa het 'n oopplan woon/eetkamer/kombuis met skuifdeure na 'n ruim stoep met hout-braaigerief. Die woongebied het 'n LED-skerm Tv met DSTV (handelspakket). 'n Houtkaggel vir die ysige wintersnagte.
Die kombuis is goed toegerus met graniet-werksoppervlaktes, 'n gasstoof/elektriese oond, mikrogolfoond en skottelgoedwasser. Wasgoeddiens kan vooraf teen 'n ekstra koste gereël word. Daar is 'n toesluit motorhuis en 'n motorafdak.

Alle die beddegoed en handdoeke word voorsien.

Hout word nie voorsien nie.

Huishouding van Maandag tot Saterdag is in die tarief ingesluit.

Troeteldiere word nie toegelaat nie.

Naby geleë Vermaak & Aanloklikhede

  • Gholf (op terrein)
  • Witwater-roei
  • Perdry
  • Quadfietse
  • Bergfietsbane
  • Staproetes op terrein
  • 4x4 Bane
  • Historiese en fossielterreine
  • Koffiewinkels
  • Restaurante
  • Kunsgallerye
  • Handwerkwinkels
  • Spa-geriewe
  • Golden Gate Nasionale Park
  • Rotskuns
  • Voëlkyk
  • Wildbesigtiging
  • Hengel