Merci Dieu is die ideale plek vir reünies, feeste en familie byeenkomste. Merci Dieu kan 12 - 14 gaste akkommodeer met 6 slaapkamers (3 slaapkamers het hand wasbakke), 3 badkamers, 3 sitkamers, 'n groot ten volle toegeruste kombuis en 2 ruim buite patio’s en onthaal areas. Daar is meer as genoeg veilige parkering.

Ons is sowat 8 km van die N3, halfpad tussen Howick en Hilton en in die nabyheid van St Annes, Hilton College en die Midlands Meander. Merci Dieu het ‘n uitstekende uitsig oor die Karkloof reeks, met rustige damme, wat gereeld besoek word deur Mahems (crowned cranes) en visarende. Kom geniet ons lewens tempo! 

Fasiliteite
  • braai
  • DSTV (bring kaart en dekodeerder)
  • internet fasiliteite
  • kaggel
  • kombuis (volledig toegerus)
  • mikrogolf in eenheid
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • parkering op die terrein
  • skottelgoedwasser
  • tee / koffie fasiliteite
  • televisie in die kommunale gebied
  • tennisbaan
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wasmasjien op die terrein
  • Waterski (minder as 10 km)