Manhattan Lofts bied 2 selfsorg woonstelle, geleë in die moederstad. Beide bied maklike toegang na die stad, met asemrowende uitsigte.

The Manhattan Penthouse - met buitelug Jacuzzi.

Geleë tien vloere hoog in die moederstad wag die privaat Jacuzzi borrelend vir jou met ongelooflike 270 grade uitsig op Tafelberg, Kaapstad en Tafelbaai. Kom bederf jouself met aarbeie en sjampanje.

Geniet aarbeie en sjampanje vanaf jou private Jacuzzi/warmbad en absorbeer die energie vanaf die 7de wonder van die wêreld, Tafelberg; 270 Grade uitsig op die hele Kaapstad, Waterfront en Tafelberg.

Pragtige 180 vk. meter selfsorg-woonruimte op drie vlakke wat drievoudige spasie met hoë plafonne bied.

The Penthouse bied absolute luuksheid, gerief en spasie.

Selfsorg en ontbyt opsies is in die gebou beskikbaar.

Twee slaapkamers geskik vir 4 persone.

Lugsorg, Netflix, Show Max, CD speler, WIFI en Jacuzzi. Ruim badkamer, kombuis volledig toegerus met wasmasjien/droër.

Geleë bo-op 'n hotel, is jou eie private Penthouse nog meer eksklusief met eie ingang.

Swembad en sonsambrele, sonkamers en buitekroeg.

Binnenshuise veilige parkering.

Ligging en sekuriteit is uitstekend! Uitgang na Breëstraat, Kaapstad se mees weelderigste straat met van die beste winkels en restaurante wat die stad kan bied. V/A Waterfront naby.

Skoonmaakdiens ingesluit.

Die woonstel is selfsorg en slegs vir die hele groep se gebruik.

Ander (vir kennisname):
Spaar assseblief water en energie. Daar is tans 'n ernstige waterkrisis in Kaapstad en u word DRINGEND versoek om water sover moontlik te spaar.
Stort word beperk tot 2 minute.

----------

The Manhattan Luxury Studio - Toppunt van wittebroods-genot.

Bied 'n Jacuzzi, ontwerp vir 2 persone met gerieflike Jacuzzi spuite - ruim 70vk. meter oopplan soldertipe woonstel met luukse, moderne dekor-hoë plafonne - 2 balkonne. Skilderagtige uitsigte van Kaapstad - geleë bo-op 'n hotel met swembad en binnenshuise veilige parkering. Uitgang na Breëstraat, die beste straat in Kaapstad! Beste restaurante en koffiewinkels! Ontbyt ook beskikbaar - Addisionele koste.

Koninggrootte bed - met kunstig versierde bank - platskerm TV - Netflix - Showmax -WIFI. Jacuzzi ontwerp vir twee persone - Moderne oopplan kombuis met Nespresso - lugsorg - dakswembad - parkering binnenshuis.

Luukse eietydse 70 vk meter studio met hoë plafonne en balkon. Privaat selfsorg woonstel geleë bo-op 'n hotel vir meer privaatheid en weelde as ekstra bonus. Selfsorg en ook smaaklike ontbyt-opsies by The Ladder op die hoek van die gebou.

Die studio bied asemrowende uitsigte oor Kaapstad.

Jacuzzi-bad van asemrowende oranje glasmosaik.

Ingevoerde Italiaanse kombuistoerusting met vlekvrye staaltoebehore, swart graniet en glasblaaie.

Buitelug swembad met sonkamers, sambrele en buitekroeg.

Ligging en sekuriteit is uitstekend! Uitgang na Breëstraat, Kaapstad se mees weelderigste straat met van die beste winkels en restaurante wat die stad kan bied. V/A Waterfront naby.

Skoonmaakdiens ingesluit - minimum 4 keer per week.