Get it on Google Play
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: General Botha Street, No. 14, Memel, Free State, South Africa
Kontak : Jimmy Saunders
Tel : +27-58-9240034
Faks : +27-58-9240536
Sel : +27-82-5658939

Mahem Country Guest House

Bed & Ontbyt Akkommodasie In Memel

MAHEM Gastehuis is 'n landelike huis vernoem na die statige kraanvoël, met sy kroon, wat in die gebied voorkom.

Die afgelope 15jaar het ons bekend geword vir ons hartlike, plaas-gasvryheid wat ons aan ons gaste bied, met die "tuis-weg-van-die-huis" ervaring. Hierdie  rustige onderneming skep 'n wonderlike verfrissende atmosfeer vir die moeë en gespanne stadsbewoner.

Ons bied moderne, luukse verblyf in 6 knus slaapkamers met privaat badkamers. Gaste kan in die ruim woon/eetgebied ontspan. Dit het 'n selfdiens-kroeg asook 'n kaggel vir die koue wintersaande. Aandete op versoek.
Jammer: Slegs kinders van 13 jaar en ouer.

Ons bied ook 'n drie-bed kothuis met privaat badkamers, 'n vol toegeruste kombuis met 'n buite-boma. Kinders is hier welkom.

Kamergeriewe: DSTV in al die kamers, verwarmers, waaiers, tee/koffie.

Aktiwiteite naby: Mahem Gatehuis is die ideale basis om hierdie verstommende deel van ons land te ontdek en te verken. Aktiwiteite sluit in, berg-fietsry, avontuurlike motorfiets-ritte, staproetes, voëlkyk, skilderagtige ritte, 4x4 paaie, leeuplaas, geskenkwinkels, koffiewinkels, Seekoeivlei Natuurreservaat, Majuba-gevegsterrein, antiekwinkel en binnekort 'n mikro-brouery.

Ander geriewe: Wi-Fi, geskenkwinkel, wasgoeddiens, kredietkaart-geriewe, skadu parkering.

Ons wil u werklik bederf!

Fasiliteite
  • DSTV in die kamer
  • kroeg/kroegsitkamer
  • parkering op die terrein
  • tee / koffie fasiliteite
  • wasgeriewe
  • wi-fi / hotspot

  • Betalings Opsies
  • EFT / Geld Oordrag EFT / Geld Oordrag
  • MasterCard MasterCard
  • Visa Visa
  • Eienaar Taalopsies
  • Afrikaans
  • English
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • B&B Rooms (Slaap 13) x 1
    • Slaapkamer 1 - dubbel
    • Slaapkamer 2 - dubbel, enkel
    • Slaapkamer 3 - dubbel
    • Slaapkamer 4 - dubbel
    • Slaapkamer 5 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 6 - dubbel
  • Cottage (Slaap 8) x 1
    • Slaapkamer 1 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 2 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 3 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 4 - dubbel
Naby gelee interessante plekke
Bladsy Statistieke
31927 besigtings sedert 06 Nov, 2003.
Laas opgedateer op 03 Jan, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 14 years

Mahem Country Guest House verskyn in die volgende afdelings:

Memel Bed & Ontbyt AkkommodasieMemel Gastehuis Akkommodasie