Luisa House is geleë in 'n welige tuin en bied 'n pragtige uitsig oor die see en berge.


Bed & Ontbyt Verblyf
Drie ruim dubbelkamers met privaat badkamers en privaat ingange. Een gastekamer met 'n privaat stoep langs die swembad. Die ander twee bokant, met balkonne en 'n pragtige uitsig. Al die kamers het waaiers en verwarmers sowel as tee/koffiemaak-geriewe en klein kroegyskassies. Parkering is binne die gronde van Luisa House. 'n Engelse of kontinentale ontbyt kan, afhangende van die weersomstandighede, buite bedien word indien daarvoor gevra word.

Twee kilometers vanaf die strand, is Luisa House naby uitstekende restaurante (wat spesialiseer in seekos) geleë en sentraal vir dag-uitstappies na Kaap-punt en die wynlande. 'n Kort rit na Kirstenbosch Botaniese Tuin. Ongeveer 35 - 40 minute na die lughawe, afhangende van verkeerstoestande.
20 Minute na Kaapstad en VNA Waterfront. Plaaslike vermake sluit in: betaalde bootritte, uitstappies na Rob-eiland, perdritte en staproetes.

Fasiliteite
  • buite swembad
  • duik (minder as 10 km)
  • kluis
  • kroegyskas
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • private ingang
  • tee / koffie fasiliteite
  • televisie in die kamer (nie-satelliet)
  • walviskyk (minder as 10 km)
  • wi-fi / hotspot