'n Romantiese oopplan-woonstel vir twee in die hart van Clarens. Uitsigte bo-oor Clarens se dakke na die berge. Die Privaaat-balkon kyk uit oor die bekoorlike binnehof. Stap-afstand na restaurante, gallerye, winkels en die dorpsplein - wat u ook al verkies!  As u saam met vriende wil kom, die aangrensende woonstel, THE LOFT, kan ook bespreek word. Die stoepverdeler kan ge-open word om die twee balkonne te verbind.


Die Prentjie vertel dit alles - 'n 54m² woonstel - baie knus, baie gerieflik, vars 100% katoen linne, 'n koningsgrootte bed, wit donsige handdoeke, elektriese kombers, verwarmers, kaggel, doelgemaakte meubels, pootjiesbad.


U kan gaan eet by enige van die 14 nabygeleë restaurante. Daarna kan u gemaklik sit/lê op die leerbank voor die televisie om na u voorkeur progrmme en/of DVD'S te kyk. Ontspan en week in die diep pootjiesbad met 'n glas rooiwyn. U kan soggens 'n verfrissende stappie in ons skilderagtige dorp onderneem en daarna 'n genotvolle ontbyt geniet - bestel vanaf die restaurant onder ons, of nuttig iets spesiaals van ons baie delis. Daarna weg vir middag-ete, perderitte, abseiling, wandeling...

...So baie moontlikhede!!!!!!!

La Poste Geriewe:

  • Koningsgrootte bed
  • 100% Katoenlinne en wit donsige handdoeke
  • Pootjiesbad
  • Tv met DSTV bouquet (sport & films)
  • DVD speler
  • Kaggel
  • Privaat balkon
  • Klein kombuisie - kroegyskas, mikrogolfoond, rooster, ens.
  • Tee/koffie
  • Restaurant wat by u deur sal aflewer.
Fasiliteite
  • braai
  • Casino (minder as 10 km)
  • DSTV in die kamer
  • Golf (minder as 5km)
  • kaggel
  • kombuisie slegs
  • kroegyskas
  • lewendige vermaak (minder as 3 km)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • muurbalbaan (minder as 5km)
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • perdry (minder as 5km)
  • private ingang
  • restaurant (minder as 5km)
  • restaurant op die perseel
  • tee / koffie fasiliteite
  • tennisbaan (minder as 5km)
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wildritte (minder as 30 km)

Rigting aanwysings
3 ure vanaf JHB of Bloem.
4 ure vanaf Durban.

Die woonstel is in die middel van Clarens naby die plein. Bokant Posthouse Corner.