Noordelike & Oostelike Vrystaat Akkommodasie

»

Parys Akkommodasie

»

Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf in Parys

Kopjeskraal Country LodgeEnglish

Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 71 Kopjeskraal
District Potchefstroom
Parys
Free State
South Africa
Kontak : Christo Meyer
Plaaslike Faks : 056-8181585
INT Faks : +27-56-8181585
Sel : 083-40 60 841

Kopjeskraal Country Lodge

Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf In Parys

Kopjeskraal Country Lodge is binne die bekende Parys geleë.

'n Koppie agter die groot plaashuis bied 180° uitsig op Dome Bergland en 'n ietsie van die Vaalrivier. Die rivier self is ongeveer 1km vanaf die plaas.

Vir diegene wat verkies om te stap en die natuur se ellemente te trotseer, voorsien hierdie plek 'n tuiste weg van u huis, teen die einde van 'n avontuurvolle dag, ongeag die weers-omstandighede. Hierdie huislike en rustige plaashuis met al sy tradisionele versierings, bied baie spasie om te ontspan vir diegene wat slegs wil uitspan. Verbasende voëllewe en die geluide van 'n aktiewe plaas, verleen aan Kopjeskraal Country Lodge 'n kalme en rustige atmosfeer.

Die Gastehuis het slaapplek vir 16 persone. Die volgende verblyf word aangebied; die plaashuis het 3 groot slaapkamers met 2 beddens in elke kamer. 'n Rondawel met eie badkamer en kombuis, en 4 buitekamers met 2 beddens in elke kamer.

Ons reël Vredefort Dome uitstappies, witwater-roei, bergfietse, perdritte, staptoere in die dorp en nog baie meer - u noem dit, Parys en omgewing het dit alles!

Geriewe:
Selfsorg-plaashuis, rondawel en gerieflike buitekamers. Goed toegeruste kombuis wat spog met 'n pragtige ou stoof. Eetkamer met 'n groot kaggel, 'n aangrensende kroeg, biljartkamer en 'n pooltafel. Die braaigebied is langs die pragtige rotse, onder bome met uitsig oor die vallei. DSTV (bring u eie simkaart).

Map
  • Betalings Opsies
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Fasiliteite
  • braai
  • buite swembad
  • DSTV in kommunale gebied (bring card)
  • Golf (minder as 5km)
  • kaggel
  • kombuis (volledig toegerus)
  • konferensie lokaal
  • mikrogolf in eenheid
  • natuur roete op die terrein
  • parkering op die terrein
  • private ingang
  • private swembad
  • televisie in die kommunale gebied
  • visvang (minder as 3 km)
  • wildritte (minder as 30 km)
Ander gelyste tipes en naby gelee interessante plekke
Bladsy Statistieke
51382 besigtings sedert 28 Feb, 2007.
Laas opgedateer op 27 Mar, 2018.