Geleë in Bo Constantia, op die onderkant van 'n stil, steen-geplaveide doodloopstraat, is die rustige skuiling, Kaapse Draai.
Gaste word verwelkom in die rustige prag van die tuin en die smaakvol, versierde binnekant, deur Annelie en haar regterhand, Engela. Saam is hulle meer as gekwalifiseerd om te sien dat daar in elke behoefte van u voorsien word, van silwerskoon kamers en goeie bedlinne, tot verversings in die welige tuin, van smaaklike ontbyt tot heerlike aandetes op versoek.
'n Beperkte aantal gaste - Annelie probeer om nie meer as ses persone op 'n keer te huisves nie - dit verseker dat die diens altyd persoonlik is. Hier word dan ook dikwels nuwe vriendskappe rondom die ontbyttafel gesluit.
Jare gelede was Kaapse Draai 'n protea-kweekhuis, en al sal u nie vandag proteas hier kry nie, het die tuin nog steeds die bekoring van verfrissende oorvloed. Oeroue eikebome, palms en ander tropiese plante omsoom die klein bergstroompie wat sy pad vanaf die suidelike hange van Tafelberg vleg. Die tuin rank na 'n 'groengordel' van ongerepte weiveld wat deur die hele Constantia-gebied strek.
Constantia Bed & Ontbyt Akkommodasie • Constantia Gastehuis Akkommodasie • Kaapstad Gebiet Bed & Ontbyt Akkommodasie • Kaapstad Gebiet Gastehuis Akkommodasie
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!