Get it on Google Play

Julie At The BeachEnglish

Julie At The Beach
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 7 Barrier Lane
Sheffield Beach
North Coast
KwaZulu Natal
Kontak : Julie Welsh
INT Tel (1) : 034 312 4263
INT Tel (2) : 082 965 4082
INT Faks : 034 312 4263
Sel : 079 690 9387

Inleiding:

Hierdie pragtige dubbelverdieping 4-slaapkamer / 3-badkamer vakansiehuis is ontwerp en gemeubileer met gemak en elegansie in gedagte, met al die toebehore om dit die perfekte tuise weg van die huis af te maak. Die huis is geleë in 'n sekuriteitslandgoed op Sheffieldrylaan, 'n kort (2 minute) stap na 'n privaat en veilige strand.

Slaap & Badkamers:

Drie van die ruim, gemaklike slaapkamers is op die tweede verdieping en twee het 'n see uitsig en toegang tot die balkon. Al die kamers het volgrootte kaste vir gaste se gebruik en voldoende spasie om bagasie te stoor en te vergeet dat dit nie jou eie huis is nie!

Die hoofslaapkamer en die vierde slaapkamer het en suite badkamers; die hoofslaapkamer het sy eie TV met DSTV en jy kan die see sien vanuit die bad en stort!

  • Hoofslaapkamer: Koning-grootte bed, en suite badkamer met groot stort, bad, twee wasbakke en ‘n private toilet; die kamer en badkamer het beide ‘n see-uitsig; toegang tot die balkon.

  • 2de Slaapkamer: Koningin-grootte bed, see uitsig en toegang tot die balkon; deel ‘n badkamer met die 3de slaapkamer.

  • 3de Slaapkamer: Twee driekwart beddens, uitsig op die tuin; deel ‘n badkamer met die 2de slaapkamer.

  • 4de Slaapkamer: Dubbelbed met en suite badkamer (stort, toilet en wasbak); private ingang.

  • Die buitelig stort help om sand nie in die huis in te trap nie.

Linne & Handdoeke:

Linne is 100% katoen met snoesige kussings en duvets. Hoë kwaliteit bad en strand handdoeke word voorsien.

Woonkamer:

Op die onderste vloer is die oopplan woonkamer, vermaaklikheids area met pooltafel, kombuis en eetkamer - alles met 'n see uitsig. Die sitkamerbanke is gemaklik en sien die groot platskerm-TV met volle DSTV-pakket. Weggesteek langs die trappe is 'n groot kleedkamer.

Vermaaklikheids Area:

Stap deur die glas skuifdeure na die buitekant en jy is op die terras, met 'n gemaklike patio sitkamerstel en 'n moderne gas braaier langs die kristalhelder swembad en klein en goed versorgde grasperk. Die uitleg is perfek vir ontspanning na 'n lang dag op die strand!

Kombuis:

In die kombuis en opwasvertrek is volgrootte chrome-klaar Samsung toestelle, insluitend 'n wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser, yskas met vrieskas, mikrogolfoond, 4-plaat stoof en oond. Kwaliteit eetgerei en breekware vir die gesofistikeerde gas, ideaal om 'n familie of groep vriende te onthaal.

Motorhuis:

Die dubbel motorhuis het 'n elektriese deur en direkte toegang tot die huis.

Omgewing:

  • Mooi en stil strand net 2 minute se stap, ideaal vir visvang.

  • Die hoof Salt Rock strand is ‘n paar minute weg, daar is ‘n groot gety-swembad, perfek vir swem, snorkel en water sport.

  • Die huis is 15 minute se ry vanaf die King Shaka Lughawe.

  • Die Flag Animal Farm is omtrent 10km weg en ‘n heerlike ervaring vir kinders.

  • UShaka Marine World is net 40 minute se ry in Durban se rigting.

  • Umfolozi Hluluwe Groot 5 Natuurreservaat is net 2 ure weg.

  • Bergfiets roetes by Holla Trails is net 10 minute weg.

  • Vir daaglikse inkopies is daar die Tiffany’s sentrum net 5 minute se ry vanaf die huis, daar is ‘n Super Spar, Clicks, goeie restaurante en ‘n mediese sentrum.

  • Inkopie liefhebbers sal die nabygeleë Gateway World of Shopping & Ballito Junction geniet.

Algemeen:

Concierge en skoonmaak dienste is beskikbaar op versoek en teen 'n ekstra koste.

Rook, troues, partytjies en harde geraas word nie toegelaat by die eiendom nie.

Kredietkaart betalings word nie toegelaat nie.

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • Tourism Grading - 4 Stars

  • Betalings Opsies
  • EFT / Geld Oordrag EFT / Geld Oordrag
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Spesiale KategorieĆ«
  • Ster Gegradeerde Akkommodasie
Naby gelee interessante plekke
Bladsy Statistieke
4379 besigtings sedert 23 Oct, 2017.
Laas opgedateer op 23 Oct, 2018.

Listed on WhereToStay.co.za for 1 year