Get it on Google Play
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Lake Clarens Drive, Clarens, Free State, South Africa
Kontak : Reservations
Tel : +27-65-8092202
Faks : +27-11-5222763

JessHil is 'n outydse sandsteen selfsorg-kothuis in die skideragtige dorp, Clarens.

Clarens is welbekend as die juweel van die Vrystaat en is bewys as 'n voorkeur toeriste-bestemming vir beide plaaslike en internasionale vakansiegangers.

JessHil kothuis is ideaal geleë aan die einde van Lake Clarens Drive wat uitkyk oor die dam met donkies, ganse, swane en ander veervolk. JessHil se omgewing is baie privaat, maar binne 'n kort stappie na baie winkels, gallerye en restaurante.

JessHil kothuis is apart van die ander geboue met baie oop spasie om te geniet.

JessHil kan gemaklik 4 persone huisves in twee slaapkamers met koningins-grootte beddens.

'n Oop-plangebied met Tv-kamer, volle toegeruste kombuisie en 'n eettafel.

'n Vries/yskas om jou kos koud te hou en 'n skottelgoedwasser, sodat almal kan ontspan.

'n Kaggel om gedurende die koue wintermaande u plekkie te verwarm.

'n Buite-houtdek (onderdak) met 'n ingeboude braaiplek, bied baie ure se ontspanning terwyl u die pragtige uitsig op Mount Horeb en omgewing kan geniet.
Hier is vreeslik baie voëlspesies, daarom met u verseker u verkyker inpak.

Clarens kan iets vir almal bied:- 'n lui-lekker wandeling deur die dorp, of die vele meer uitdagende staproetes in die omgewing.

Daar is ook die meer avontuurlike:- perdritte, zipline, paintball, quadfiets, witwater-roei ens. om die adrenalien-dors te les.

U sal weereens die outydse gasvryheid geniet, maar met invloed van die moderne toerusting waaraan u gewoond is.

U verblyf by JessHil kothuis is 'n geskenk aan liggaam en siel.

  • Uitleg Slaapgeriewe
  • JessHil (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin
    • Slaapkamer 2 - koningin
Bladsy Statistieke
20759 besigtings sedert 29 Aug, 2012.
Laas opgedateer op 26 Aug, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 7 years

JessHil verskyn in die volgende afdelings:

Clarens Selfsorg Huis / Kothuis VerblyfClarens Selfsorg Akkommodasie