Get it on Google Play
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 482/1 Naauwpoort Street, Clarens, Free State, South Africa
Kontak : Rosa Merl
Sel : +27-83-9982576

Iona is in die Swartland van Clarens gelee tussen die berge. In die reenseisoen vloei daar 'n waterval van die rotswand wes van die gastehuis. Arende broei daar en word gereeld gesien en gehoor vanaf die tuin van Iona.

Waarom die naam "Iona"?
Kenneth Clark beskryf die eiland Iona aan die weskus van Skotland in sy boek "Civilisation" as ‘n "veilige en heilige plek en dat mens ‘n gevoel kry - meer as in enige ander plek -van innerlike vrede en vryheid."  Hierdie stelling van Clark is van toepassing op Clarens.

Die Gastehuis
Iona is ‘n self-sorg huis op ‘n aparte perseel. In die groot tuin is daar baie roos- en okkerneutbome. Die perseel is toegespan aan drie kante met ‘n sandsteenmuur  aan die suide. Die kombuis is volledig toegerus met alle benodigdhede. In die sit-eetkamer is daar gemaklike rusbanke en ‘n  tafel met stoele. Die hoofslaapkamer het ‘n koningin-grootte ekstra lengte bed en ‘n en suite badkamer. Die tweede slaapkamer het twee enkelbeddens met toegang tot ‘n tweede badkamer.

Geriewe

  • Albei slaapkamers het verwarming
  • Elektriese komberse
  • Gasverwarmer
  • "Familie Pakket" D.S.T.V.
  • Braai geriewe
  • Motorafdak

Clarens het inligtingsentrums wat informasie verskaf oor alle besienswaardighede en aktwiteite in die dorp en die omgewing.

  • Uitleg Slaapgeriewe
  • Iona Cottage (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin
    • Slaapkamer 2 - tweeling
Bladsy Statistieke
28194 besigtings sedert 08 Dec, 2009.
Laas opgedateer op 24 Jun, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 9 years

Iona Cottage verskyn in die volgende afdelings:

Clarens Selfsorg Huis / Kothuis VerblyfClarens Selfsorg Akkommodasie