Durban Akkommodasie

»

Umhlanga Rocks Akkommodasie

»

Selfsorg Vakansie Woonstelle in Umhlanga Rocks

10 Glitter BayEnglish

Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 66 Lagoon Drive
Umhlanga Rocks
Umhlanga
KwaZulu-Natal
South Africa
Kontak : Bonny Williamson
Plaaslike Tel : 031-5616799
INT Tel : +27-31-5616799
Plaaslike Faks : 031-5614945
INT Faks : +27-31-5614945
Sel : 083-4155650

Glitter Bay is geleƫ op Umhlanga se Brons Strand en spog met 'n uitsonderlike uitsig, 'n direkte toegang tot die gewilde wandelpad en swem strande, goeie sekuriteit en 'n pragtige gemeenskaplike swembad en braai area.

Jy kan die atmosfeer van hierdie kusdorpie geniet met al die beste geriewe op jou voorstoep. Die woonstel word daagliks gediens (behalwe oor naweke en openbare vakansie dae). Die woonstel, wat oor Indiese Oseaan uitkyk, bestaan uit 'n groot oop plan sitkamer en eetkamer, ten volle toegeruste kombuis, 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim patio.

Umhlanga is bekend vir sy wonderlike vakansie gevoel en sonnige klimaat wat elke jaar miljoene besoekers lok.

Vakansiegangers geniet die pragtige wye strande, die seelewe en jy kan selfs  dolfyne te sien kry. Die promenade wandelpad word sterk aanbeveel want dit gee jou 'n pragtige uitsig van Umhlanga van die een kant na die ander.

Branderplank ry, snorkel, wind surfing, visvang of n rit op 'n skiboot is net 'n paar van die aktiwiteite wat n mens op die strand kan geniet.

Umhlanga spog ook met onvergeetlike en gedenkwaardige plekke soos die Portnet vuurtoring en die immer bekende Oyster Box Hotel.  Ander groot aantrekkings is Granny's Pool, die Hawaan Inheemse Woud plus Gateway "Theatre of Shopping" wat 'n MOET SIEN is !

As jy dit geniet om te dobbel is Sibaya Casino die plek waar jy jou fortuin kan maak en die wiel kan laat draai. Hierdie vermaaklike ervaring is net 10 minute se ry vanaf Umhlanga.

Vir die gholfspeler is Mount Edgecombe se bane binne maklike bereik.

Soos jy kan sien is Umhlanga die plek om te wees, ingestel op vakansiegangers.

10 Glitter Bay Fasiliteite:

  • Kapasiteit 6 (2x koningin beddens & 2 enkel).
  • 2 badkamers (1 bad & 2 storte).
  • Kombuis ten volle toegerus (mikrogolf, stoof).
  • Kluis
  • Volle uitsig oor die see.
  • Braaigeriewe op patio
  • Volledige DStv word voorsien.
  • Lugversorging / dakwaaiers.
  • Direkte toegang tot promenade/hoof strande.
  • Veilige oop baai parkering.
  • Ten volle toegeruste wassery op die perseel.
  • Boot/ mariene sleephelling (binne 5km)
  • Motorhuur (minder as 20km)
  • Private vliegveld (minder as 15km)
  • Reptielpark (minder as 20km)
  • Natuur staproetes (minder as 2 km)

Bladsy Statistieke
84000 besigtings sedert 08 Oct, 2007.
Laas opgedateer op 14 Jun, 2018.