Getaway Bush is 'n veilige en gemaklike, selfsorg vakansie huis in Marloth Park, wat aan die Kruger Nasionale Park grens. Die huis kan 6 gaste akkommodeer. Ekstra akkommodasie kan gereël word vir tot 10 gaste.

Die huis is ideaal vir 4 volwassenes en 2 kinders. Twee pragtige en- suite slaapkamers, met ‘n 3rd kamer, wat ideaal vir kinders is. Lugvergorging regdeur die huis en slaapkamers. Moderne kombuis met al die geriewe. Sitkamer TV. Veilig omheinde, buite- gebied 120 vierkante meter, met 'n groot Lapa (buite sitkamer vir 8 mense, “Al fresco” eetkamer, tafel, waaier onder lapa, veerpyltjie bord (bring eie pyltjies) braai / boma / buitestort / swembad / en groot kinder speel area met klimraam en sandput, alles veilig omhein. Kinders kan na die diere, wat verby die huis kom kyk, vanaf ‘n veilige gebied.

Ontspan in of om die swembad en kyk na die diere wat kom drink by die watergate.

Gedurende die nag is daar nagapies, muskeljaat katte en groot vrugte-vlermuise wat uitkom en rondom die huis gesien kan word.Soms is daar ook ander nagdiere. Maak seker dat jy 'n paar vrugte in die bome sit vir die nagapies (groot en klein).

24 Uur “Groet en Ontmoet” diens.

Geen heinings word toegelaat om die huise in Marloth Park nie, want dit is ‘n natuur reservaat en diere soos kameelperde, koedoes, rooibokke, zebras, vlakvarke, bosbokke en meer swerf vry. Terwyl jy buite sit saans, kan jy dikwels Leeus, Hiënas en Seekoeie se geluide hoor.

Marloth Park grens aan die beroemde Kruger Nasionale Park en is slegs 100m van enige van die Groot 5, wat te sien is, in die Krokodil rivier en in die Kruger Park. Die Krokodil rivier, en vir ‘n deel ‘n heining, is die grens tussen Marloth en die Kruger Park.

'n Halfuur se ry na twee van die Kruger Nasionale Park se toegangshekke - Krokodilbrug Hek & Malelane Hek, wat geleë is in die suidelike streek van die Kruger Park,die  Laer-Sabie area.

4 Uur se ry vanaf Johannesburg en Pretoria. 1 Uur vanaf Nelspruit.

FASILITEITE TE GETAWAY BUSH

KAMERS

Hoof en- suite (volle badkamer) koning grootte bed. Lugreëling. Dakwaaier. Kas. Groot vensters.

2de En- suite slaapkamer (groot stort) Twee enkel beddens (kan opgemaak word in ‘n koning grootte bed). Lugreëling. Dakwaaier. Kas.

3de Kamer. Twee enkel beddens. Ideaal vir kinders.

Huis

Daar is ook 'n kothuis beskikbaar vir groter groepe. Die kothuis, met die huis, kan 10 gaste akkommodeer. 6 In die Huis en 4 in die kothuis.
 

NB: As jy nie die kothuis gebruik nie, sal dit leeg bly vir die duur van jou verblyf.

Oopplan sitkamer eetkamer en kombuis.

Kombuis - Elektriese stoof & “geyser”, yskas, vrieskas, mikrogolf, ketel, ys- masjien, filter koffie masjien, strykyster en plank, eetgerei en messegoed vir 10 gaste.

Sitkamer -.. Gemaklike sitkamerstel , 36 " platskerm TV en DSTV skottel, 18 “Btu” lugversorger & dakwaaier.

Eetkamer: Binne tafel met 6 stoele.

Alle deure en vensters het diefwering en muskiet gaas vir oop vensters / deure. 24 Uur gewapende reaksie alarm stelsel,  paniek knoppie.

DIE volgende is ingesluit:

  • Linne. Beddegoed
  • Handdoeke (bring eie swem handdoeke)
  • Breekware & Eetgerei
  • Skoonmaak middel (Handy Andy)
  • Vaddoeke en skottelgoed wasmiddel.
  • Skoonmaak van huis Maandae, Woensdae Vrydae en Saturdae.
  • Afdak vir twee motors

DIE VOLGENDE is nie ingesluit nie:

  • Toiletware
  • Brandhout
  • Insek afweermiddels. Malaria gebied
  • Swart vullissakke
  • Toiletpapier

NABY AKTIWITEITE

  • Kruger park 30 min ry
  • Kan gereël word : - Vol dag Safari Wildritte, Olifant interaksie,  Wildritte  in Marloth Park
  • Staproetes in die natuur en voël besigtiging.
  • Toere of ry self : -  Panoramiese “God's Window”, Pelgrimsrus, Swaziland en, Mosambiek, “Cultural Village”, Chimp Eden.
  • Vierwiel motorfietse
  • Perd ry.
  • Gholf. Miniatuur gholf.
  • Tiervis hengel.
  • Groot openbare swembad.
  • Restaurante. Klein winkel sentrum.

BELANGRIKE INLIGTING

  • Geen troeteldiere word toegelaat in Marloth Park nie.
  • Geen ongelisensieerde voertuie / motorfietse
  • Spoed beperking 40km
  • GEEN krediet kaart fasiliteite
  • 30% Deposito bevestig jou bespreking.
  • Volle betaling 4 weke voor aankomsdatum.
  • R800 terug betaalbare deposito word vereis.
  • Gratis “Groet en Ontmoet” - Nkosnut sal daar wees om julle te groet, welkom te maak, en te help om uit te pak, maak nie saak watter tyd jy arriveer nie. Hy is tot u diens 24/7 vir huis skoonmaak, motor was, skoonmaak van swembad en onthaal area.
  • Nkosnut verkoop ys op perseel.

Aanwysings:

GPS Koördinate

Breedtegraad:- -25,3882

Lengtegraad:- 31,7588

Fasiliteite
  • grootwild
  • braai fasiliteite
  • buite swembad
  • buite swembadjie
  • dakwaaiers in slaapkamers
  • fietsroetes
  • gediens
  • geen rook in die huis nie
  • gelei natuuruitstappies
  • gratis parkering
  • grootwild (minder as 30 km)
  • internet fasiliteite
  • kaggel
  • lugversorger (sommige eenhede)
  • motorhuur (minder as 20km)
  • natuurroete op die terrein
  • netflix
  • parkering op die terrein
  • parking onsite
  • perdry (minder as 5km)
  • private swembad (sommige eenhede)
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wifi
  • wildritte op die terrein

Rigting aanwysings
GPS Co-ordinates
Latitude -25.3882
Longitude 31.7588