Kaapse-Wynlande en Breede-vallei Akkommodasie

»

Wellington Akkommodasie

»

Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf in Wellington

Foxenburg EstateEnglish

Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Agter-Groenberg
Rooshoek Road
Wellington
Winelands
Western Cape
South Africa
Kontak : Marianne
Plaaslike Tel : 021-8735617
INT Tel : +27-21-8735617
Plaaslike Faks : 086-5421773
INT Faks : +27-86-5421773
Sel : 082-6005689

Foxenburg Estate is op die skouspelagtige, Noordelike hang van Groenberg geleë, net 15 minute van die middel van Wellington in die Wes-Kaap.

Foxenburg Estate word erken as 'n voorkeur-natuurgebied in die Kaapse Floraryk en is 'n toegewyde lid van Cape Nature in hulle bewaringsrol.

Ons is ook lid van die Renosterveld Natuurreservaat. Dit is die grootste oorblywende deel van die Renosterveld wat nog in die Wes-Kaap oor is.

 Ons het vier selfsorg kothuise op die eiendom wat 20 persone as 'n maksimum  huisves. Hulle is ten volle toegerus met bedlinne, handdoeke, breekgoed en eetgerei.

Kinders van alle ouderdomme is welkom.

Ons boer met natuurlike, organiese metodes en is die trotse verskaffers van bokmelkkaas, gesertifiseerde, suiwer organiese Olyf-olie, olywe en Oester-sampioene. Ons gaste op die plaas kan daarvan proe en koop.

Aan ons geregistreerde gaste bied ons gids-begeleide toere op die plaas en die melkkamer, tussen 07vm en 09hvm en bied dan kaas- en olyfproe aan op versoek.

Foxenburg Estate is naby baie Wellington Wynplase geleë, slegs 30 minute vanaf Franschoek wat ook 'n wynproduksie-gebied is. Elkeen van hierdie dorpe bied verskeie feeste gedurende die jaar.

Seisoenale werksaamhede op die plaas:
Lamseisoen (Julie - September), Melkseisoen (Augustus - April), Vye-pluk (Desember - Januarie), Olyfpluk-seisoen (April - Junie), Fauna-vertonings (September - November) en Hengel (Die hele jaar). Gaste kan dit ook geniet om na die voëls te kyk, in die berg te gaan stap en die buitegewone blombol-uitstallings te sien.

Ons het damme met swartbaars vir die hengel-genot van ons gaste - maar slegs op 'n 'vang en laat los' basis.

Map
  • Spesiale KategorieĆ«
  • Visvang Verblyf - Varswater
  • Interesante Blyplekke
  • Troeteldier-vriendelike Akkommodasie
  • Meer As 10 Gaste Verblyf
Bladsy Statistieke
30737 besigtings sedert 04 Apr, 2007.
Laas opgedateer op 28 Aug, 2017.