Bly Plekke Logo
Beskikbaarheids kalender

Flamboyant Self-Catering
Slide calendar from left to right
* Book Online

Flamboyant Self-Catering - TARIEWE

Tariewe 2021 & 2022

    
Flamboyant Selfsorg Huis
Per EenheidR1460.00 per nag HoogseisoenR350.00 per nag per persoonR1460.00 per nag Paasnaweek
 Hoogseisoen
1 Desember 2021 to 15 Januarie 2022

 
Buite Seisoen Tariewe - R350 met maksimum van R1300
16 Januarie 2021 to 9 Apr 2021
14 April 2021 to 30 November 2021
 
Paasnaweek 10 Apr-13 Apr 2021

 


 

Tariewe is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing.

Terme van betaling
Ons deposito fooi is 20% van die totale bespreking fooi. Oorblywende bedrag is ten volle betaalbaar in kontant by aankoms.
Jy kan 'n EFT 5 dae voor aankoms doen indien verkies.
Kansellasiebeleid
As die bespreking gekanselleer word minder as 30 dae voor die aankoms datum, is die volle deposito verbeur.
Neem asseblief kennis dat indien die deposito nie ontvang word, of alternatiewe reëlings getref word binne 3 dae na aanvaarding van die bespreking nie, sal die bespreking as gekanselleer aanvaar word.
Ongelukkig is deposito / bespreking fooie nie terugbetaalbaar in die geval van vroeë vertrek nie.
Aankoms En Vertrek Tye
Tyd van aankoms: 10:00 of later
Tyd van vertrek: 10:00 of vroeër
Ons is 24/7 beskikbaar vir ons gaste wanneer hulle wil vertrek
Reëls/Voorwaardes
1. Deur die aanvaarding van die kwotasie, stem jy in om gebind te wees deur die terme en voorwaardes soos uiteengesit op die webblad en in hierdie kwotasie.

2. Ontvang van Gaste: Ons verstaan dat jy graag 'n paar gaste oor wil hê as jy vir lang tydperke bly; As gevolg van mense wat misbruik maak, het ons die volgende reëls:
Jy kan net gaste tweemaal per week ontvang en slegs indien jy bly vir 'n week of langer.
Geen gaste met babas of kinders onder die ouderdom van 10 sal toegelaat word nie.
Moet nooit jou gaste alleen op ons eiendom laat nie.
Lig asseblief jou gaste in dat hulle nie toegelaat word om in die huis te rook nie.
Jou gaste kan nie hier oorslaap, hul wasgoed was, hulle kos kook, stort of bad nie.
Gaste kan jou besoek vir die maksimum van 4 ure op 'n slag en moet uit wees teen 22:00. Dit is om bure en ander gaste te respekteer. U kan egter vooraf spesiale reëlings met ons tref.
Geen gaste met troeteldiere word toegelaat nie.

3. Let daarop dat geen rook in die huis toegelaat word nie. Jy kan wel op die dek rook.

4. Die aantal gaste waarvoor bespreek is, mag nie oorskry word nie. Gaste wat arriveer is die enigste gaste wat toegelaat sal word - geen rotering met vriende en familie van buiteaf sal toegelaat word nie.

5. Geen vuurwerke in Southbroom. Southbroom is 'n natuurbewaringsgebied met streng regulasies.
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Flamboyant Self-Catering Rates
WTS App Browser