Escape@Butterfly is 'n grasdakhuis in die gewilde Marloth Park Bewaar area net buite die Krugerwildtuin. Dit is ideaal vir 'n groot gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n rustige wegbreek waar jy kan wildkyk sonder om die perseel te verlaat.

Die huis bestaan uit 2 ruim slaapkamers met koningin grootte beddens, 1 solderslaapkamer met 4 enkel beddens. Die hoof slaapkamer het 'n en-suite badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is volledig toegerus vir kook en het geriewe soos 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, skottelgoed wasser, ketel en al die moderne kooktoebehore. Die 2 slaapkamers en die solderarea is ingerig met lugversorging.

Die sit kamer het 'n TV en gemaklike rusbanke om op te ontspan en buite kan gaste gebruik maak van die onderdak-patio met braaigeriewe en 'n skitterende swembad waarin jy kan afkoel in die somer. Kom geniet die Bos waar die Kudu, vlakvarke, zebra, kameelperde en impala kom kuier terwyl jy in die swembad ontspan.

Die grens tussen Marloth Park en die Kruger Park is die Krokodil rivier. In Marloth Park is daar verskeie uitkyk punte oor die rivier waar Olifante, krokodille, seekoeie, buffels en leeus daagliks kom water drink.