De Keurboom Guesthouse is 'n luukse, ruim selfsorg-gastehuis in Kaapstad se noordelike voorstede. Ons bied plattelandse rustigheid, naby die middestad en al die bekendste besienswaardighede. Sake- en vakansiegangers sal mal wees oor De Keurboom Guesthouse se puik, gerieflike verblyf, privaat omgewing en bekostigbare tariewe.

Elke selfsorg-eenheid het 'n hoofslaapkamer met 'n digitale kluis, paneelverwarmer en en suite-badkamer. Die 2 ander kamers deel die tweede badkamer. Al die beddens is oorgetrek met puik, wit linne en donsduvets. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier en 'n paneelverwarmer. Die oopplan-leefarea met sy binnebraai en aansluitende stoep met pergola en tuinmeubels is gemáák vir lekker kuiers. Die sitkamer het genoeg sitplek, 'n paneelverwarmer, plafonwaaier, en satelliet-TV en gratis WiFi. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Elke eenheid het 'n toesluitmotorhuis vir 1 motor en veilige parkering vir ‘n tweede. En ons het ook 'n bibliotekie bygevoeg vir jou gerief.

Kuilsrivier word beskou as die toegangspoort tot die Wes-Kaap se Wynroete en dit is ideaal vir besoekers wat die ganse metropool wil besoek. Bottelary en Stellenbosch se wynroetes bied uitstekende wynproe-plekke, restaurante en teetuine. Gholfliefhebbers sal mal wees oor die feit dat Kuilsrivier Gholfklub nabygeleë is.

Van die nabygeleë besienswaardighede sluit Willowbridge Lifestyle Centre, Tygervallei-sentrum, Cape Gate, Mangwanani-spa en Grand West Casino in so daar is legio restaurante om van te kies en te keur. De Keurboom Guesthouse is ook lekker na aan Zevenwacht Wine Estate en Langverwacht met hul pragtige troulokale.

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • Tourism Grading - 3 Stars

Rigting aanwysings
GPS Co- ordinates:
33.55.13 S
18.41.34 E