Sedibeng - Suidelike Gauteng Akkommodasie

»

Lochvaal Akkommodasie

»

Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf in Lochvaal

Cruise-n-SnoozeEnglish

  SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeĆ« kennisgewings

Cruise-n-Snooze
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 37 Windsor on Vaal
Loch Vaal
Vanderbijlpark
Gauteng
South Africa
Kontak : Raymond Freese
Plaaslike Faks : 086-5235569
INT Faks : +27-86-5235569
Sel : 084-5508798

Huisboot (SLEGS vir 4 persone)

Windsor on Vaal is geleë op 'n skiereiland in 'n opgedamde deel van die Vaalrivier, ook bekand as die Vaal Barrage. Die skiereiland het die Loch aan die een kant en die Vaalrivier aan die ander kant. Cruise en Snooze is aan die Vaalrivier se kant van die skiereilad.

Die Huisboot word vasgemeer in 'n privaat meer, weggekeer van die hoof-rivier deur 'n 30m x 20m eiland. Oorkant hierdie privaat-eiland is 'n 500m breë deel van die Vaalrivier met Voël-eiland tussen die oewers.

Vanaf hier af is daar ongeveer 55km bevaarbare water (insluitende die Loch en ander takriviere), wat op u gemak verken kan word.

Voordat u vertrek, sal ons u wys hoe om die huisboot en al die toerusting aan boord, te hanteer. Ons is egter altyd net 'n telefoon-oproep ver indien u enige vrae het.

Geen skipperlisensie is nodig nie.

Die huisboot wat u sal huur, is 'n Leisure Liner 260. Hierdie bote is deur 'n Australiaanse marine-argitek, Angelo Lavranos ontwerp en is reeds bewys om 'n baie gewilde, aangepasde, huurvaartuig te wees.

Afgesien van die normale, opsionele ekstras, hieronder gelys, is ons huisboot verder aangepas tot die uiterste luuksheid vir ons kliënte. Dit is toegerus met 'n wasbak en 'n smukhoekie in die voorkajuit, verdoofligte in die voorkajuit en salon, alluminium-blinders regdeur, 6 stereo-luidspreker radio/CD sisteem toegerus vir Garmin 178C GPS/Vis-soeker (opsioneel om te huur) en 'n 50Pk Jamaha, 4-slag motor. Ons het ook 'n draagbare DVD-speler, binneband om agter die boot te sleep en hengelgerei om te huur. Daar is ook 'n klein Weber-tipe braaier op die agterkant van die boot.

Dubbel Rondawels (SLEGS vir ses persone)

10 km Buite Vanderbijlpark, op die oewers van die Vaalrivier, is goed toegeruste, dubbel selfsorg-rondawels. Hierdie eenheid bied 'n ekslusiewe en rustige wegbreek. Die twee eenhede bied verblyf aan vir tot ses persone. U sal dan die enigste gaste op die eiendom wees.

Die een rondawel het 'n koningins-grootte bed en die tweede, twee enkelbeddens. Ons verskaf 'n ekstra dubbelbed matras vir nog twee persone.

'n Aparte toilet, stort en wasbak.

Die rondawels het 'n gasstoof, twee mikrogolfoonde, 'n ingeboude braai, 'n draagbare braai (dit kan na die rivier toe geneem word), dubbeldeur ys/vrieskas, eetgerei en  breekgoed wat vir n selfsorg-vakansie nodig is, (potte en panne ingesluit).

'n Persoonlike onthaal-gebied met uitsig oor die tuin en Vaalrivier, (Insluitende 'n braaigebied, opwas en gasstoof).

Ons het 'n DSTV-skottel met Easy View. U is welkom om u eie dekodeerder vir adisionele kanale te bring .

Geniet besonderse voëls, watersport of ontspan maar net.

'n Ideale plek vir visvang met volop karp, swartbaars en babers.

'n Gratis boot lanseer-gerief is beskikbaar, op voorwaarde dat die vaartuig se lisensies en permitte op datum is en die skipper 'n geldige lisensie het.

Ook baie ideaal vir wittebroods-paartjies en die neem van troufotos.

Daar word 'n beperkte aantal vriende en/of dagbesoekers by u toegelaat, maar slegs met vooraf reëlings en 'n dagbesoekers-fooi van R100 per persoon.

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

  • Uitleg Slaapgeriewe
  • Houseboat (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - dubbel
    • Slaapkamer 2 - dubbel
  • Rondavels (Slaap 6) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin, dubbel slaapbank
    • Slaapkamer 2 - enkel, enkel
Ander gelyste tipes en naby gelee interessante plekke
Bladsy Statistieke
22439 besigtings sedert 28 Oct, 2014.
Laas opgedateer op 07 Nov, 2018.