Hierdie huislike grasdakverblyf met 'n aparte grasdak-kothuis spog met 'n goed versorgde sub-tropiese tuin. Die tuin is vol voël-lewe en die gekoer van duiwe kan gehoor word as dit aand word.

Cherry Tree cottage het verblyf in 3 tuinkamers en 2 kothuis-kamers.

Al ons kamers het privaat ingange. Alhoewel elkeen 'n verskillende "eie gevoel" het, het elkeen dieselfde geriewe.

Elkeen het 'n eie badkamer (met bad, stort en verwarmer), yskas, lugversorging, DSTV, koffie/tee-geriewe, groot leunstoele en groot beddens. Net kamer 5 is 'n oopplan met slegs die toilet apart.

  • Kamer 1 - Konings-grootte dubbelbed met 'n dubbel slaapbank
  • Kamer 2 - Koningins-grootte dubbelbed
  • Kamer 3 - Twee enkelbeddens (saam konings-grootte) plus 'n dubbel-slaapbank
  • Kamer 4 - 'n dubbelbed
  • Kamer 5 - Konings-grootte dubbelbed

Veilige onderdak-parkering en elektriese hekke.

Die ideale tuis van huis verblyf vir die toevallige reisigers.

Soggens is 'n spesiale tyd by Cherry Tree Cottage as daar op die stoep of in die sonnige eetkamer ge-eet word.

Maak seker dat daar genoeg tyd is om bietjie te ontspan, want die volop stories maak dat gaste dikwels vriende word.

As u na 'n privaat plek en persoonlike aandag soek, met 'n werklike huislike verwelkoming wat rustig, skoon, gerieflik en uniek is, dan is Cherry Tree Cottage net die plek vir u.

Ons het ook 'n haarsalon op die perseel. Kontak ons asseblief vir meer besonderhede.

Fasiliteite
  • Casino (minder as 10 km)
  • DSTV in die kamer
  • Golf (minder as 5km)
  • lughawe (minder as 15km)
  • lughawe oordragte
  • lugversorger (alle eenhede)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • motorhuur (minder as 20km)
  • parkering op die terrein
  • private ingang
  • restaurant (minder as 5km)
  • tee / koffie fasiliteite
  • wasgeriewe
  • wasgeriewe (minder as 2 km)

Rigting aanwysings
Vanaf die N1 neem die R700 uitgang. Ry verder vir 5.5km op Eeufeesweg na die voorstad Bayswater. Ry halfpad om die sirkel en draai dan links in Milnerweg. (Baysvillage-inkopiesentrum is dan aan u regterkant). Ry verby die verkeerslig en draai dan links in die tweede straat, Yorkstraat. Ry dan verder tot weer by die tweede straat en draai daar regs in Peter Crescent. Ons is bo-op die bult, Peter Crescent 12A. Ons sien daarna uit om u te ontmoet.