Get it on Google Play

Blueberry PlaceEnglish

  SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeĆ« kennisgewings

Blueberry Place
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 6 Geldenhuys str
Bonaero Park
Kempton Park
Gauteng
South Africa
Kontak : Harry During
Plaaslike Tel : 011-9731778
INT Tel : +27-11-9731778
Plaaslike Faks : 086-6898503
INT Faks : +27-86-6898503
Sel (1) : 082-5504421
Sel (2) : 082-7114001
Sel (3) : 083-7044554

Blueberry place is 'n selfsorg, baie luukse gastehuis wat bestaan uit 'n selfsorg eenheid wat u alles bied wat u sal laat voel dat u werklik tuis is.

Die vol toegeruste selfsorg-woonstel bied al die moderne geriewe van u huis, insluitende 'n bedekte braaigebied om in te ontspan en te braai. Spesiale sorg is gegee om ekstra luuksheid te verseker en al die afdelings is spesiaal versier om weelderig te vertoon. Die oopplan-kombuis en eetgebied wat lei na die buite-braaiplek maak hierdie gastehuis ideaal vir u as u reis, maar tog 'n paar vriende wil oornooi vir 'n braai. Ons voorsien meestal vir sake-persone gedurende die week, maar indien u 'n naweek se wegbreek verlang, kontak ons ook asseblief vir ons naweek-tariewe.

Daar is twee dubbelkamers wat die samevatting is van 'n betowerende, styl en  ellegante lewe.
Twee badkamers en 'n oopplan eet/woonkamer en kombuis.
Tv in die woon- en slaapkamer, met DSTV. Die oopplan-kombuis en eetgebied lei na die buite-braaiplek. Daar is veilige parkering in 'n inter-verbinde toesluit-motorhuis met elektriese deure.

5 Minute vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe en 500m van beide 'n Checkers, 'n Pick'n Pay en 'n winkelkompleks. Die huis het twee slaapkamers, beide met dubbelbeddens en twee badkamers. Ontbyt kan, op versoek,voorsien word. Daaglikse skoonmaakdiens kan teen 'n addisionele koste voorsien word. Doen asseblief navraag oor hierdie opsies as u bespreek. Jammer, geen troeteldiere nie.

Sou u verkies om die woonstel vir langer periodes te huur, kontak ons asseblief vir 'n spesiale tarief, sou u vervoer benodig, van of na die lughawe, kontak ons asseblief en ons sal dit reël. Neem asseblief kennis dat dit teen 'n ekstra koste sal wees.

Bladsy Statistieke
5615 besigtings sedert 09 Apr, 2014.
Laas opgedateer op 14 May, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 5 years