Get it on Google Play
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Oxford 73, Clubview, Centurion, Gauteng, South Africa
Kontak : Jeanette Hay
Tel : +27-12-6546302
Faks : 27-86-5129430
Sel : +27-82-5556566

Bloemhoek is in die pragtige boomryke voorstad, Clubview geleë, in die hart van Centurion.

Maklike toegang na die N14 en N1 snelweë. Ongeveer 3 km vanaf Gautrein-stasie en Centurion inkopie-sentrum, 10 min se reistyd na Unitas Hospitaal en Zwartkop Gholflandgoed.

Bloemhoek is gesetel in 'n welige, groen tuin in 'n stil omgewing. Ons gaste geniet rus en ontspanning onder die somershuisie met uitsig oor die pragtige tuin.

Bloemhoek bied hartlike gasvryheid en gerieflike verblyf vir die toeris en sakepersoon.

Ons is binne loopafstand na Sorex Wedding Venue, Kleinkaap Wedding Venue and Function Venue, 'n inkopie-sentrum met Spar en 'n restaurant.

Al ons slaapkamers met badkamers (2 enkel, 2 met enkelbeddens en 2 met dubbelbeddens) is individueel versier en het aparte ingange.

Die kamers het DSTV (hotel pakket), tee/koffie-geriewe, plafonwaaiers, verwarmers, kluise en yskaste.

Wasgoed en strykdiens is beskikbaar, ook gratis Wi-Fi.

Ons bedien 'n smaaklike ontbyt met vars vrugte. Geen vaste spyskaart nie en tye om aan te pas by ons gaste se behoeftes. Aandetes is ook beskikbaar wanneer daarvoor gevra word.

Ons doen reeds sedert 1995 besigheid en is trots op onsself, met ons gaste se tevredenheid en die kwaliteit-versekerde geriewe.

 

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • AA Highly Recommended
  • National Accommodation Association
Fasiliteite
  • DSTV in die kamer
  • kluis
  • kroegyskas
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • private ingang
  • restaurant (minder as 5km)
  • tee / koffie fasiliteite
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wi-fi / hotspot

  • Betalings Opsies
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
Bladsy Statistieke
6904 besigtings sedert 20 May, 2013.
Laas opgedateer op 08 Jun, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 6 years