Bellevue Guest Lodge is 'n pragtige en gemaklike toevlugsoord, geleë in 11 hektaar welige bos en ruim tuine. Die lodge is halfpad tussen Ramsgate en Southbroom geleë, naby veilige strande, ‘n asemrowende kuslyn en pragtige gholfbane. Al ons akkommodasie is selfsorg en ten volle toegerus met linne, handdoeke, breekware en eetgerei. Ons het ook daaglikse diens (behalwe Sondae en openbare vakansiedae). Fasiliteite sluit in 'n klein swembad, ‘n speel sentrum vir kinders, trampolien en natuur staproetes. Binne 'n paar minute se ry is daar winkels, restaurante, blou vlag strande, perdry, natuur reservate en 'n krokodilplaas.

Bellevue Guest Lodge is 'n Natuurlike Erfenisterrein en ons inheemse woud is die tuiste van pragtige voëllewe, blouduikers, bosbokke, ystervarke, otters, likkewane, muskeljaatkatte en ape. Ons bied ons gaste ook gratis toegang tot Bellevue Park, wat 'n inheemse arboretum en eko-spel zone is met interaktiewe spel apparate en opvoedkundige naamborde.

Bellevue Guest Lodge bestaan uit drie tipes akkommodasie vir verskillende grootte groepe.

Bellevue Lodge

Die lodge bestaan uit vier uitsonderlinge kothuise genestel om 'n pragtige binnehof.

Kothuis 1 (akkommodeer 2 persone) - slaapkamer en badkamer, kombuis en TV / eetkamer.

Kothuis 2 (4 persone) - 2 x slaapkamers, albei en-suite, kombuis & stoep met pragtige uitsig oor die rivier.

Kothuis 4 (4 persone) - 2 x slaapkamers & badkamers, kombuis, sitkamer & stoep met ingeboude braai.

Kothuis 6 (4 persone) - 2 x slaapkamers, 2 x badkamers en 'n klein kombuisie.

Elke huis het 'n TV met SAUK kanale. (Bring jou DSTV Dekodeerder)

(Hoogseisoen - MIN 14 mense)

Bellevue House

Bellevue Huis bestaan uit twee eenhede wat gekoppel kan word en dan 10 persone kan akkommodeer.

Bellevue House (Eenheid A) is 'n ruim dubbel verdieping chalet in tropiese tuine. Die chalet kan 6 mense akkommodeer en bestaan uit ‘n kombuis, oopplan sit / eetkamer en patio, 2 slaapkamers en badkamer onder. Bo is daar nog 'n slaapkamer en badkamer. Daar is 'n trampolien in die tuin en die chalet het TV. (Bring jou DSTV dekodeerder).

Bellevue House (Eenheid B) maksimum 4 persone & bestaan uit ‘n oopplan kombuis / eetkamer en TV kamer met 'n pragtige onderdak stoep. Daar is 'n slaapkamer en badkamer op die grondvloer en 'n groot kamer bo. Bring jou DSTV dekodeerder vir ekstra kanale.

(Hoogseisoen - MIN 10 persone)

Bellevue Cottage

Die huisie kan ‘n maksimum van 4 persone akkommodeer, en is weggesteek in die hoek van die tuin. Dit bestaan uit twee slaapkamers, ‘n kombuis, sitkamer en badkamer met ‘n stort. Daar is 'n onderdak stoep waar jy kan braai in enige weer. Die eenheid het TV met SAUK kanale, maar jy is welkom om jou eie DSTV dekodeerder te bring.

(Hoogseisoen - MIN 4 mense)

Let Wel

Ons gastehuis is 'n private toevlugsoord, so vir die genot van al ons gaste word dagbesoekers nie toegelaat nie en ook nie troeteldiere nie. Ons laat ook nie musiek of harde geraas toe nie.

 

  • Aankoms tyd is vanaf 14:00 af en vertrektyd is 09:30.
  • Alle eenhede is toegerus met ‘n televisie en satellietskottel, ons lewer SAUK 1,2 & 3, en E-TV. Jy is welkom om jou eie DSTV dekodeerder en smart kaart te bring as jy 'n Multichoice intekenaar is.

  • Ons verander beddegoed een keer per week en badhanddoeke elke derde dag. As jy daagliks skoon handdoeke nodig het, bring asseblief jou eie. Bring jou eie strand & swemhanddoeke.

  • Bring asseblief al jou eie kos en verversings, ons sal skottelgoedseep, seep en 2 toiletrolle per badkamer verskaf, as jy ekstra nodig het, bring asseblief jou eie.

  • ‘n Wasgoed diens kan gereël word teen ekstra koste.

Ons is trots op ons verblyf wat skoon, gemaklik en bekostigbaar is.  

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • B&B Network South Coast
  • National Accommodation Association
Fasiliteite
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • buite swembad
  • DSTV (bring kaart en dekodeerder)
  • duik (minder as 10 km)
  • Golf (minder as 5km)
  • kano (minder as 5km)
  • lewendige vermaak (minder as 3 km)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • natuur roete op die terrein
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • perdry (minder as 5km)
  • reptielpark (minder as 20km)
  • restaurant (minder as 5km)
  • rolbal (minder as 5km)
  • tennisbaan (minder as 5km)
  • visvang (minder as 3 km)
  • walviskyk (minder as 10 km)

Rigting aanwysings

Vanaf Durban neem die N2 suid. Sodra jy deur die Oribi-tolplaza is, ry vir nog 25 km tot by 'n stel verkeersligte. Draai regs na Ramsgate, verby die padstal en die krokodilplaas. Bellevue Guest Lodge is geleƫ op die top van die heuwel aan die linkerkant, oorkant Pistol Saloon op die hoek voor die Oatlands afdraai.