Is jy op soek na akkommodasie reg op die strand in Kaapstad?

Ons bied 'n gerieflike twee slaapkamer strandhuis teen die see in die hartjie van ou Bloubergstrand vir mense op besigheid of met vakansie. Die bekende Blouberg Beach Cottage slaap ‘n maksimum van vier mense teen baie billike tariewe in goed toegeruste selfsorg akkommodasie.

As jy wil wakker word met die geluid van die Suid-Atlantiese Oseaan se gekabbel op die strand ‘n paar meter van jou voordeur of die bekende uitsig op Tafelberg oor die baai van jou sitkamer wil sien dan moet jy jouself ‘n ruskansie gun in hierdie spesiale strandhuisie. Die cottage is ‘n opgeknapte ou vakansie huisie wat uitstekend geleë is op die laaste oorblywende skulpies laan in Bloubergstrand en binne loopafstand van internasionale bekende Ons Huisie Restaurant en Blue Peter Hotel waar 'n mens 'n ligte maaltyd op die son deurdrenkte dek kan geniet.

Die Blouberg Beach Cottage het 'n oopplankombuis, eetkamer, sitkamer, twee slaapkamers en 'n badkamer met 'n bad en ‘n stort. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die 2de slaapkamer het twee enkelbeddens. Die privaat en beskutte binnehof het ook 'n lekker groot ingeboude braai. Die huis is gerieflik ontwerp en toegerus met alles wat mens nodig het vir ‘n lui lekker vakansie plus gratis satelliet-TV en WIFI.

Die Blouberg Beach Cottage is ‘n stres vrye basis vir mense op besigheid in Kaapstad en ook ideaal geleë vir gesinne met kinders want daar is geen paaie tussen die huis en die see nie. ‘n Mens loop uit op die strand waar daar pragtige rots poele is vir die kleingoed om in te baljaar.

Die cottage het ‘n alarmstelsel en veilige parkering.
Tik “Blouberg Beach Cottage” in op Google Maps om presies te sien waar die cottage is.

Fasiliteite
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • braai
  • DSTV in die kamer
  • duik (minder as 10 km)
  • films / teater (minder as 5km)
  • Golf (minder as 5km)
  • internet fasiliteite
  • kano (minder as 5km)
  • kinder oppas diens
  • kluis
  • kombuis (volledig toegerus)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • motorhuur (minder as 20km)
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • parkering op die terrein
  • private ingang
  • restaurant op die perseel
  • skottelgoedwasser
  • strand (absoluut op die strand)
  • tee / koffie fasiliteite
  • tennisbaan (minder as 5km)
  • visvang op die terrein
  • walviskyk op die terrein
  • wasgeriewe
  • wasmasjien in eenheid