150km Noord van Kaapstad. Gebou in Desember 2004 volgens die tradisionele Weskus-styl en smaakvol versier. Ruim en verwelkomend. Slegs 80m vanaf die strand. Verblyf vir 1 tot 4 persone.

2 Slaapkamers- albei met eie badkamers: Een slaapkamer (bad en stort) met 'n konings-grootte bed, die ander een (net 'n stort) met 2 enkelbeddens wat geskuif kan word om 'n konings-grootte bed te vorm.
Vol, toegeruste kombuis/eetvertrek. Woonkamer met volle DSTV, kaart nie nodig nie. See-uitsig. Stoep met braaigeriewe en pragtige see/baai uitsig. Bedlinne en handdoeke, behalwe strand-handdoeke, word voorsien.
Geen rook in die eenheid nie.
Geen troeteldiere nie.
Geen kinders onder 7 jaar nie.

Dinge om te doen:
Speel, vlieër, brander-ry of wandel op die 8km, pragtige baai-gekromde strand. Toets die seekos-geregte van die plaaslike restaurante en hotel. In die seisoen kan u die bekende Paternoster se 'rooi-goud' kreef van die plaaslike vissermanne koop. Ervaar die toweragtige sonsondergange oor die baai van Paternoster. Bespreek diepsee-, skiboot- of die tradisionele boothengel. Duik-opleiding en diepsee-duik-geleenthede kan gereël word, ook kreefduik gedurende seisoen. Bespreek see-kajakroei, vergesel met kajak-gidse. Hierdie uitstappies is 'n uitstekende manier om die pragtige kuslyn en seelewe te sien, soos: robbe, walvisse, dolfyne en 'n verskeidenheid van seevoëls, insluitende die bedreigde oestervanger. Colombine Natuurreservaat, slegs 5 km, spog met 'n fantastiese vertoning van veldblomme vanaf Julie tot Oktober. Tietiesbaai is binne 'n natuurreservaat en het van die mooiste Weskus-strande langs sy rowwe kuslyn. Besoek die Cape Colombine Ligtoring, die laaste bemande ligtoring wat aan die Suid-Afrikaanse kus gebou was. Ook die Weskus-fossielpark is die moeite werd om te besoek. U kan fossiele sien en lees oor uitgestorwe diere soos: die Afrikaanse Beer, die sabeltand-katte, groot volstruis, 'n spesie van olifante en nog baie meer. Neem 'n gemaklike rit na die bekende wynplase en proe van die uitstekende wyne wat te koop aangebied word. Kyk na die Suidelike Noorkapper-walvisse (Maart tot November) vanaf die strand, of neem 'n drie-uur bootreis vanaf Port Owen tot by die Bergrivier.

Oor Paternoster:
Volgens oorlewing het 'n skip gestrand en die Portugese-matrose wat veilig op die strand beland het, het 'n gebed gebid, genaamd "Patre Nostre". Daarom die naam van ons dorp "Paternoster" wat  "Onse Vader" beteken.

Paternoster is omtrent 150 km Noord van Kaapstad, langs die R27 en 15 km vanaf Vredenburg geleë. Hierdie prentjiesmooie dorp is geleë langs 'n pragtige baai met die argitektuur wat sterk beïnvloed is deur die witgekalkte vissershuisies. Die plaaslike vissers geniet nog steeds hulle werk en laat hulle vloot van klein skepies vanaf die strand te water, soos wat die lisensie-regulasies hulle toelaat. 'n Interessante paar uur kan gespandeer word wanneer die bote na die land terugkeer, gelaai met hul vangs van die dag. Vir party is die beste tyd om met die vissermanne te onderhandel oor die prys van vis of kreef.

Fasiliteite
  • DSTV in kommunale gebied
  • elektriese komberse
  • kluis
  • motorhuur (minder as 20km)
  • parkering op die terrein
  • strand (minder as 500 m)
  • tee / koffie fasiliteite
  • verwarmers in eenheid
  • wasgeriewe (minder as 2 km)