Get it on Google Play

Bay Cove InnEnglish

Bay Cove Inn
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Corner of Poplar
& Da Gama Street
Wavecrest
Jeffreys Bay
Eastern Cape
South Africa
Kontak : Dean & Theunisia Blom
Plaaslike Tel : 042-2962291
INT Tel : +27-42-2962291
Plaaslike Faks : 042-2962291
INT Faks : +27-42-2962291
Sel : 082-6435116

Bay Cove Inn is `n warm welkome, netjiese en skoon verblyf plekkie vir die gaste en toeris wat volgens`n begroting werk. Ons is `n skamele 150m stap na die Albatros strand en is geleë in die hoof straat van Jeffries Baai wat Da Gama straat genoem word, op die hoek van Da Gama en Poplar strate. Bay Cove Inn word uitgebeeld in `n ou skeeps tema met die “ skip se maste en seile” op ons houtdek. Ons is beslis nie `n vyf ster verblyf plek nie maar netjies en groot waarde vir jou geld.

Ons het 10 kamers en die kamers is opgemaak as 2, 3, 4 en `n 5 slapers. Al die kamer is en-suite. Elke kamer het sy eie televisie en ons het nie vol satellite ( DStv) kanale nie maar net `n gekose pakket. Die kamers het elkeen sy eie skinkbord met komplimentere koffie en tee met aankoms. Al die kamers het hul eie ingang vir die gaste om te kan kom en gaan soos hul wil met `n sekuriteits hek sleutel. Daar is geen lug versorgers in die kamers nie maar elke kamer het sy eie waaier en eletroniese kluis teen muur. Kamers word daagliks skoongemaak en linne en bad handoeke word verskaf met `n bad sepie.

Geriewe
Ons bied ontbyt aan op versoek in ons eetsaal. Ons plekkie is nie self sorg woonstelle nie. Ons self sorg fasiliteite is in die vorm van `n algemene kombuis wat gaste gesamentlik gebruik maar elke kamer het sy eie toesluit eenheid, met eetgerei en breekware, eie yskas en stoof plaatjies. Daar is `n groot , lieflike swembad in `n omheinde erf. Genoegsame braai geriewe. Ons voertuig parkering is onder afdakke buite in straat teenaan die gebou met ligte wat aanbly deur die nag maar ons het ook toesluit geriewe agter in erf vir sleepwaentjie en `n paar voertuie. Warm atmosfeer op houtdek om jou braai te geniet , sterre in lug in die aand so onder die “maste en seile” en sambrele in die dag vir die son en uit die wind beskermd.


Nabye plekkies van belang

Tsitsikamma woud, storms rivier, Bavians kloof en soveel meer…

Jeffries Baai is eerstens wêreld wyd bekend vir sy branderplankry omdat Jeffries baai die enigste strande in die wêreld aanbied met `n regterhandse brander breek. Die jaarliks internasionale winter fees branderplankry kompetisie word hier aangebied in Julie. Ons branders is op hul hoogste in die winter maande. Die dorp gons dan met internationale toeriste en wêreld bekende branderplank ryers.

Jeffries Baai bied genoegsame vermaak aan met `n verskeidenheid nagklubs en van die beste restaurante, seekos en ook ander. Jeffries baai spog ook met sy eie inkopie sentrum. Vir diegene wat groter inkopie sentrums soek is Port Elizabeth net `n uur se ry weg.

Pragtige skulp museum kan ook besigtig word in ons dorp.

Hoekom hier by ons in bespreek?


Ons is trots oor ons houding wat netheid aanbetref. Ons het alle respek teenoor ons gaste en medemens en is werklik `n goeie waarde vir jou geld verblyf plekkie. “Gaste vertrek hier as vriende, `n huis weg van jou eie huis”

  • Betalings Opsies
  • EFT / Geld Oordrag EFT / Geld Oordrag
  • MasterCard MasterCard
  • Visa Visa
  • Eienaar Taalopsies
  • Afrikaans
  • English
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • 4 Sleeper cabin (Slaap 5) x 1
    • Slaapkamer 1 - enkel, enkel, enkel
    • Slaapkamer 2 - dubbel
  • 5 Sleeper cabin (Slaap 5) x 1
    • Slaapkamer 1 - dubbel, enkel, enkel, enkel
  • Standard Double Bed (Slaap 2) x 5
    • Slaapkamer 1 - dubbel
  • Triple cabin (Slaap 4) x 1
    • Slaapkamer 1 - dubbel, enkel, enkel
  • Twin cabin (Slaap 3) x 2
    • Slaapkamer 1 - dubbel, enkel
  • Fasiliteite
  • braai
  • braai - kommunale
  • buite swembad
  • DSTV in die kamer
  • elektroniese kluis
  • gediens
  • Golf (minder as 5km)
  • grootwild (minder as 30 km)
  • jag (minder as 30 km)
  • kano (minder as 5km)
  • kluis
  • kombuis (volledig toegerus)
  • kombuis kommunale
  • lewendige vermaak (minder as 3 km)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • meer (minder as 5km)
  • motorhuur (minder as 20km)
  • muurbalbaan (minder as 5km)
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • parking off-site
  • perdry (minder as 5km)
  • private ingang
  • restaurant (minder as 5km)
  • rolbal (minder as 5km)
  • strand (minder as 500 m)
  • tee / koffie fasiliteite
  • televisie in die kamer (nie-satelliet)
  • tennisbaan (minder as 5km)
  • visvang (minder as 3 km)
  • walviskyk (minder as 10 km)
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wi-fi / hotspot
  • wildritte (minder as 30 km)
Bladsy Statistieke
29339 besigtings sedert 27 Jul, 2005.
Laas opgedateer op 06 Aug, 2018.

Listed on WhereToStay.co.za for 13 years