Get it on Google Play
  SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeë kennisgewings E-Pos Bespreking / Navraag Wys Tariewe
English
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Stand 241, Clarens Golf Estate, Clarens, Free State, South Africa
Kontak : Celia Snellenburg
Sel : +27-83-2944955

Breek weg van die gejaag en kom ontspan in die kalmte van die prentjiemooie Oos-Vrystaatse dorpie Clarens, waar plattelandse rustigheid gekoester word.
Om gehalte verbyf te verseker, bied Barrister House uitsonderlike selfsorg verblyf in die Clarens Golf & Leisure Landgoed, teen die hange van die Rooiberg met uitsig oor die groot Malutiberg.
Barrister House is hoog geleë met 'n asemrowende uitsig oor die bergagtige omgewing.

Ideaal vir families (met kinders).

Verblyf:

Hoofhuis - die hoofhuis (boonste vloer) bestaan uit:
‘n Oopplan woon- en eetkamer met ‘n groot goedtoegeruste kombuis. 'n Aparte opwaskamer met wasmasjien, tuimeldroër en ysmasjien. Die woongebied het 'n gaskaggel, lugversorger, plasma TV-skerm en volle DSTV. Die eetkamer het 'n agt-sitplek eettafel met hoë-rug stoele. Drie slaapkamers en twee badkamers. Die hoofslaapkamer met eie badkamer (luukse bad en stort), is toegerus met 'n koningin-grootte bed. Skuifdeure maak oop na die jacuzzi-area. Die tweede slaapkamer is toegerus met 'n koningin-grootte bed. Skuifdeure maak oop na die stoep. Die derde slaapkamer is toegerus met 2 enkelbeddens (of koning-grootte bed op versoek). Skuifdeure maak oop na 'n privaat stoep-gebied. Die tweede badkamer het 'n aparte toilet, aparte stort en 'n aparte luukse bad met wasbak.
Die hoë stoep met 'n kalmerende uitsig, is toegerus met 'n ingeboude braai, agt-sitplek buitetafel en stoele en 'n ontspannende jacuzzi.
Een outomatiese toesluit-motorhuis en ‘n aparte onderdak parkeerplek.

Woonstel
'n Ten volle toegeruste grondvloer-woonstel met aparte ingang, bestaande uit:
'n Baie ruim lugversorgde slaapkamer met 'n koningin-grootte bed, twee enkelbeddens en ‘n enkel slaapbank..
'n Groot badkamer (luukse bad en stort) met ingeboude hangkaste. 'n Kompakte, dog goed toegeruste kombuis.

Dienste en Geriewe:
•       Beddegoed, elektriese komberse en handdoeke word voorsien.
•       Skoonmaakdienste is ingesluit by die tariewe, Maandae tot Saterdae (uitgesluit publieke vakansiedae).
•       Jacuzzi (opsioneel).
•       Gratis Wi-Fi.
•       Geen troeteldiere word toegelaat nie.
•       Geen rook - rook word slegs buite toegelaat.
•       'n Maksimum van 10 gaste.

Vermaak en aantreklikhede:
•       Gholf
•       Witwater roei
•       Perdry
•       Vierwiel motorfiets ritte
•       Bergfiets roetes
•       Staproetes
•       4x4 Roetes
•       Historiese- en fossiel besigtigings
•       Koffiewinkels
•       Restaurante
•       Kunsgallerye
•       Kuns en handgemaak
•       Spa-geriewe
•       Golden Gate Nasionale Park
•       Rotskuns
•       Voëlkyk
•       Wildbesigtiging

Ligging:
Erf 241, The Clarens Golf & Leisure Estate

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • Tourism Grading - 4 Stars
Fasiliteite
  • avontuurgolf
  • bergfietsry
  • haardroër
  • restaurant (minder as 2km)
  • braai
  • DSTV (premie)
  • elektriese komberse
  • Fietsry
  • gediens
  • jacuzzi
  • kaggel
  • kombuis (volledig toegerus)
  • linne en handdoeke voorsien
  • losstaande waaiers
  • lugverkoeler
  • Malaria vry
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • meer (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • op gholflandgoed
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • private ingang
  • rotskuns (minder as 20km)
  • stoof in eenheid
  • tee / koffie fasiliteite
  • televisie in die kommunale gebied
  • tennisbaan (minder as 5km)
  • toesluit motorhuis
  • tuimeldroër in eenheid
  • Veilige parkering met individuele afstandsbedrae en sleutels
  • verwarmers in eenheid
  • verwarming
  • visvang (minder as 10 km)
  • wasmasjien in eenheid
  • wi-fi / hotspot
  • wildritte (minder as 30 km)

Rigting aanwysings

GPS Koördinate
- 28° 30' 44.63", + 28° 26' 0.78"
(-28.512397,28.433551)

  • Betalings Opsies
  • EFT / Geld Oordrag EFT / Geld Oordrag
  • Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie Jammer, geen kredietkaarte aanvaar nie
  • Uitleg Slaapgeriewe
  • BARRISTER HOUSE (Slaap 11) x 1
    • Slaapkamer 1 - koningin
    • Slaapkamer 2 - koningin
    • Slaapkamer 3 - enkel, enkel
    • Slaapkamer 4 - koningin, enkel, enkel, enkele slaapbank
  • Spesiale Kategorieë
  • Gholf Akkommodasiebesonderhede
    Your establishment is on a golf estate?
    Yes
  • Meer As 10 Gaste Verblyfbesonderhede
    Your establishment has capacity to cater for groups of 10 or more.
    Yes
  • Ster Gegradeerde Akkommodasie
Bladsy Statistieke
17645 besigtings sedert 28 Sep, 2012.
Laas opgedateer op 19 Sep, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 6 years