Get it on Google Play
  SPESIALE AANKONDIGING! Ontvang vroeĆ« kennisgewings Beskikbaarheid + Tariewe + Bespreking E-Pos Bespreking / Navraag
Gas resensies English
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Spitskop Farm, Clocolan, Ficksburg, Free State, South Africa
Kontak : Jennifer
Tel : +27-51-9437013
Sel (1) : +27-83-6591708
Sel (2) : +27-82-4653436

Amohela ho Spitskop Country Retreat & Conservancy

Selfsorg Huis / Kothuis Verblyf In Clocolan

Iets oor Amohela ho Spitskop

Amohela ho Spitskop is pragtig, eksklusief, naby genoeg vir maklike toegang, ver genoeg om afgeleë te wees, spesiaal en besonders. Onderliggend aan ons groot, gerieflik gemeubileerde selfsorg kothuise, is die afsondering en privaatheid wat ons u in die oop tydloosheid van die hooglande van die Oostelike-Vrystaat bied. Die 420 akker wegkomplek is geleë in 'n vallei tussen die klein plaaslike dorpies van Ficksburg en Clocolan.

Verblyf

Die 5 selfsorg kothuise is ruim en gerieflik gemeubileer, met groot banke, groot vuurherdte, goed toegeruste kombuise en met Weber-braaiers op die stoepe wat mooi uitsigte het.

Porcupine & Guinea Fowl het elkeen twee dubbel-slaapkamers, een met 'n konings-grootte bed en een met twee enkelbeddens, elk met eie badkamers.

Mongoose het drie slaapkamers en twee groot badkamers. Een slaapkamer met eie badkamer het 'n konings-grootte bed en twee slaapkamers deel die ander badkamer.

Quail Cottage is vernoem na die gewone kwartel, 'n klein voëltjie wat sy nes op die grond maak. Hulle kom algemeen in die gebied rondom die kothuis voor. Die selfsorg kothuis is gebou in die vorm van 'n skuur op 'n rif met lieflike uitsig na die pragtige Spitskop-vallei en verder tot by  die majestueuse Maluti-berge. Ontwerp vir slegs twee persone in absolute luuksheid, afsondering en privaatheid. 'n Oopplan met 'n hoë houtbalk-plafon, 'n goed toegeruste kombuis, gerieflike woongebied, 'n troetelbad en toegemaakte stort en toilet, 'n konings-grootte bed met pragtige hoë gehalte linne en groot, snoesige duvets. Daar is 'n hout-smeulstoof en elektriese komberse vir die koue hoogland winters. 'n Weber-braaier op die onderdak-stoep met 'n lieflike uitsig. Die kothuis word daagliks gediens en daar is baie parkeer-ruimte agter die kothuis. Slegs geskik vir twee volwassenes. Geen kinders nie.

Francolin selfsorg-kothuis is vernoem na die pragtige berg-patrys wat ook haar nes op die grond maak. Hulle kom ook in die omgewing van die kothuis voor. Gebou op 'n rif met uitsig oor die vallei na die Maluti-berge van die berg-koninkryk van Lesotho. Hierdie skuur-tipe kothuis is ontwerp vir net twee persone, met luuksheid en in afsondering.

Die hoë houtbalk-plafonne beklemtoon die binnekant met 'n goed toegeruste kombuis, woongebied met gerieflike gemakstoele en 'n hout-smeulstoof, 'n konings-grootte bed met pragtige hoë gehalte linne en elektriese komberse vir die koue dae, 'n bad met aparte stort en toilet. Daar is 'n Weber-braaier op die onderdak-stoep met voldoende parkeer-ruimte agter die kothuis.

Gratis Wi-Fi is beskikbaar by die hoof-ontvangsgebied by die Dassie-huis.

Die tuin-slaapkamers is weggesteek in die tuine by Dassie-huis, afgesonderd en privaat. Nguni met sy eie badkamer met 'n pootjiesbad, Cornwallis het 'n stort en 'n toilet, koningins-grootte beddens, hoë gehalte linne, elektriese komberse, kaggels, eie tuingebied, tee/koffiemaak geriewe. Aandetes. Bed en Ontbyt. DSTV en Wi-Fi is beskikbaar by Dassie-huis. Word daagliks gediens.

Vermaak en dinge om te doen, in en rondom Amohela ho Spitskop.

Uitgelegde wandelpaaie, klimroetes in die berg, 'n lys van voëls, ongeveer 250 spesies, kleiner soogdiere, fantastiese sterre snags, dagritte na pragtige terreine, klein en ouderwetse dorpies om te besoek, goeie eetplekke, in die dorp 'n gholfbaan waar besoekers welkom is met vlaktewild wat om die setperke wei, San-rotskuns, die kwaliteit van lig is ideaal vir beide skilders en fotograwe, fietsritte op die eiendom en omliggende skilderagtige plaaspaaie, dagritte na die groot Katsedam of 'n besoek aan die Afriski Ski Resort in Lesotho.

  • Toekennings soos verskaf deur die onderneming
  • Tourism Grading - 3 Stars

  • Eienaar Taalopsies
  • English
Bladsy Statistieke
2301 besigtings sedert 16 Sep, 2016.
Laas opgedateer op 02 Sep, 2019.

Listed on WhereToStay.co.za for 3 years

Amohela ho Spitskop Country Retreat & Conservancy verskyn in die volgende afdelings:

Ficksburg Selfsorg Huis / Kothuis VerblyfFicksburg Selfsorg AkkommodasieClocolan Selfsorg Huis / Kothuis VerblyfClocolan Selfsorg Akkommodasie