Durban Akkommodasie

»

Umhlanga Rocks Akkommodasie

»

Selfsorg Vakansie Woonstelle in Umhlanga Rocks

8 CormoranEnglish

8 Cormoran
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 80 Lagoon Drive
Umhlanga Rocks
Umhlanga
KwaZulu-Natal
South Africa
Kontak : Bonny Williamson
Plaaslike Tel : 031-5616799
INT Tel : +27-31-5616799
Plaaslike Faks : 031-5614945
INT Faks : +27-31-5614945
Sel : 083-4155650

Cormoran is geleë op Umhlanga se strand-front met direkte toegang tot die pragtige Brons Strand swem area. Cormoran bied ook 'n standaard grootte swembad asook 'n kinder swembad wat geleë is in 'n pragtige tuin.

Hierdie eenheid het twee slaapkamers (hoof- en-suite), twee badkamers en is ten volle toegerus vir selfsorg. Daar is 'n sitkamer, eetkamer en kombuis op die onderste vloer en die slaap area bo. Die kompleks bied veilige onderdak parkering vir beide voertuie en sleepwaens. Toegang is elektronies. Die eenhede is ruim om voorsiening te maak vir ‘n gemaklike lewenswyse. Vir u gerief word die eenhede daagliks gediens, behalwe oor naweke en openbare vakansiedae.

Umhlanga het 'n wonderlike atmosfeer en is werklik 'n pragtige vakansie dorpie langs die see met groot strande en 'n wonderlike klimaat. 'n Bonus is die vermaak en fasiliteite wat aangebied word en wat reg op jou voorstoep is. Dit sluit in diepsee visvang, dolfyn besigtiging, “micro gliding”, branderplank ry, skuba duik,  stap, ens.’n Lekker deel van die ondervinding is om op die promenade te wandel, die uitsig te bewonder en te stop vir iets om te eet by ‘n kafee. Daar is menigte restaurante en hotelle om te besoek en die grootste winkel sentrum in die Suidelike halfrond (Gateway Entertainment Centre) is net om die draai. Casino's en luukse gholf landgoed (Zimbali en Sibaya) is ook byderhand.

Dit alles maak Umhlanga ‘n wêreldklas vakansiebestemming.

8 Cormoran fasiliteite:

  • 4 Persone (Een dubbel en twee enkel beddens).
  • 2 Badkamers (bad & stort).
  • Kombuis ten volle toegerus (mikrogolf, stoof).
  • Swembad
  • Uitsig
  • DSTV in kamer (bring kaart)
  • Lugversorging / dakwaaiers.
  • Wasgeriewe in die kompleks.
  • Gemeenskaplike braai area.
  • Standard swembad & kinder swembad.
  • Hysbak.
  • Direkte toegang tot promenade / strande.
  • Veilige onderdak parkering (elektroniese toegang).
  • Motorhuur (minder as 20km)
  • Toesluit kluis
  • Private vliegveld (minder as 15km)
  • Reptielpark (minder as 20km)

Bladsy Statistieke
78154 besigtings sedert 08 Oct, 2007.
Laas opgedateer op 12 Feb, 2018.