Durban Akkommodasie

»

Umhlanga Rocks Akkommodasie

»

Selfsorg Vakansie Woonstelle in Umhlanga Rocks

502 MarbellaEnglish

Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: 70 Lagoon Drive,
Umhlanga,
Durban,
KwaZulu-Natal
Kontak : Bonny Williamson
INT Faks : 031 561 4945
Sel : 083 415 5650

Marbella is 'n pragtige strand- front kompleks geleë op Umhlanga se hoof- spog strand.

Hierdie 5de vloer gemeubileerde woonstel bied ‘n skouspelagtige uitsig vanaf die hoofslaapkamer, leefarea en kombuis vir so ver as wat die oog kan sien! Sonsopkomste is absoluut asemrowend!.

502 Marbella is 'n pragtige 3 slaapkamer, 2 badkamer eenheid met 'n ruim leefarea en ten volle toegeruste kombuis.

Die kompleks spog met 'n pragtige swembad waar jy die son kan geniet en terselftertyd die uitsig oor die see. Parkering is veilig en het ‘n elektroniese toegangs hek. Hierdie eenheid het ook direkte toegang tot die gewilde promenade en strande.

Umhlanga is 'n juweel op die KwaZulu-Natal kus. Dit het 'n wêreldklas vakansiebestemming met sy briljante klimaat en pragtige strande geword. Die fasiliteite wat aangebied word is uitstaande. Vir die water-entoesiaste is daar diepsee visvang; dolfyn besigtiging; skubaduik; branderplank ry of net op die strande ontspan en die son absorbeer. Vir die meer avontuurlustiges is daar microlite reise wat aangebied word vir 'n ervaring van 'n leeftyd. Stap langs die promenade en geniet die kafees of absorbeer net die pragtige uitsig, ‘n ware genot. Pragtige restaurante en koffiekroeë is sinoniem met die dorp. Die ongelooflike Gateway Entertainment Centre (die grootste in die Suidelike halfrond) is reg op jou voorstoep (‘n Moet op jou lys!). Luukse gholf landgoed (Mount Edgecombe) en casino (Sibaya) is binne maklike bereik. As jy op soek is na 'n vakansie is Umhlanga beslis 'n goeie keuse enige tyd van die jaar.

502 Marbella Fasiliteite:

  • Kapasiteit 5 persone (2 koningin beddens, en 1 enkelbed)
  • 2 Badkamers (2 storte, 2 baddens)
  • Kombuis ten volle toegerus.
  • Digitale toesluit kluis. Volle voor-uitsig oor die see vanaf die balkon, leefarea, kombuis & hoofslaapkamer
  • Hysbak
  • Vol DSTV word verskaf
  • Lugversorger & dakwaaiers.
  • Groot swembad met uitsig oor die see
  • Direkte toegang tot promenade / strande
  • Veilige parkering vir motors en sleepwaens
  • Nie rook eenheid
  • Braai word toegelaat op private patio.

Bladsy Statistieke
12617 besigtings sedert 07 Aug, 2015.
Laas opgedateer op 14 Jun, 2018.