49 On Norman Guesthouse

Bed & Ontbyt Akkommodasie In Northcliff

49 On Norman is 'n onderneming met die toegewyde sakeman en toeris in gedagte - dit bied luukse, gemaklike, ruim verblyf in 'n deftige omgewing.

Ons be-oog om 'n uitstekende kliënte-ervaring te bied, wat baie koste-effektief teenoor die duur hotelle is, sonder om enige van die belangrikste aspekte weg te laat.

49 On Norman is primêr 'n plek om te ontspan en in vrede en gerief te werk, met vriendelike, toegewyde diens, met aandag aan besonderhede.

Vir u gemoedsrus is daar veilige parkering met sekuriteidshekke en kameras. Die geboue is beveilig met interaksie van die modernste sekuriteits-sisteem en gekoppel aan 'n bewapende reaksie-eenheid. Alle kamers is toegerus met nommerkluise en het individuele alarms.

Ons is gerieflik geleë:

  • 4 min na twee N1 aansluitings en 'n aantal besigheidsparke (insluitend MTN, Constatia Boulevard en Wesbank Fairland's)
  • 5 min na Cresta Mall, Total Regional offices Black Heath, Constantia Kloof, Weltevredenpark
  • 10 min na 6 groot winkelsentrums, ontspannings-sentrums/Randpark Gholf Klub
  • 15 min na Randburg middestad, Rosebank, Melville en die Coca Cola Dome in Northgate
  • 20 min na Johannesburg middestad, Braamfontein, Westcliff
  • 25 min na Sandton, Lanseria-lughawe en Eastgate
  • 40 min na O R Tambo Internasionale-lughawe & Centerion
  • 1 uur na Pretoria

Omtrent ons

Ons is trots om luukse gemak en ruim verblyf aan te bied in 'n deftige omgewing.

Geniet 'n smaaklike ontbyt op die stoep met uitsig op die swembad of in die vriendelike Bistro-eetkamer. Ontspan in die vriendelike, algemene area met uisig oor die tuin en die swembad terwyl u die komplimentêre drankie vanaf die kroeg geniet. Of gaan direk na u kamer (met privaat badkamer), met satelliet Tv en toegang na die tuin. (Meeste van die kamers).

49 on Norman bied ligte maltye en toebroodjies. Daar is ook 'n wye verskeidenheid van goeie restaurante in die onmiddelike omgewing. 3 Goeie gimnasiums en 'n puik, wêreldklas Gholfbaan is binne 'n paar minute se reistyd.

Ons ADSL en draadlose internet-toegang maak koppeling vir ontspanning en werk baie maklik.

Kamers

Elkeen van die 5 ruim slaapkamers (met privaat badkamers) is ontwerp volgens goeie hotel-standaarde en is gemeubileerd met óf dubbel, koningins-grootte óf 2 enkelbeddens en moderne warm/koue lugversorgers. Die kamers is toegerus met Percale linne, hotel-kwaliteit komberse, blinders, baie kas-spasie, satelliet programme, LCD TV, veilige nommerkluis, lessenaar, koffietafel en stoele, verwarming, 'n radio en 'n haardroër. Vir u gerief is elke kamer toegrus met tee/koffiemaak-geriewe. Die kamers kyk uit oor die welige tuine en sommige het 'n eie tuin-ingang na 'n afgesonderde, rustige tuin.

Die moderne privaat-badkamers is toegerus met ingevoerde sanitêre toebehore. Al die kamers het baddens en aparte storte, sommige kamers het Hydro Spa baddens met moderne afwerkings. Vergroot-spieëls vir grimering en  skeer-doeleindes, asook luukse bad-handdoeke en genoegsame toiletbenodigdhede word vir u gebruik voorsien.

Fasiliteite
  • haardroër
  • Persoonlike kluis in alle kamers
  • afstandbeheer sekuriteit
  • braai
  • braai - kommunale
  • braai / barbecue - communal and onsite
  • buite swembad
  • Casino (minder as 10 km)
  • DSTV Hotel pakket
  • duik (minder as 10 km)
  • elektriese komberse
  • elektroniese kluis
  • films / teater (minder as 5km)
  • gediens
  • gratis toiletware
  • internet fasiliteite
  • jacuzzi (sommige eenhede)
  • kluis
  • kombuis kommunale
  • kroegyskas
  • kroegyskas (sommige eenhede)
  • linne en handdoeke voorsien
  • lughawe (minder as 15km)
  • lughawe oordragte
  • lugverkoeler
  • lugversorger (alle eenhede)
  • lugversorger (sommige eenhede)
  • muurbalbaan (minder as 5km)
  • natuur roete op die terrein
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • perdry (minder as 5km)
  • radio in die kamer
  • reptielpark (minder as 20km)
  • restaurant (minder as 300m)
  • restaurant (minder as 5km)
  • rolbal (minder as 5km)
  • sauna / stoom kamer (minder as 3 km)
  • skottelgoedwasser
  • son dek
  • tee / koffie fasiliteite
  • tennisbaan (minder as 5km)
  • tuimeldroër
  • verwarmers in eenheid
  • visvang (minder as 3 km)
  • wasgeriewe
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wasmasjien op die terrein
  • wi-fi / hotspot
  • wildritte (minder as 30 km)
  • wildritte op die terrein

Rigting aanwysings

Vanaf die N1
Suid van die N1 neem die Beyers Naude afrit en draai links in Beyers Naude by die verkeersligte (hou in die regterkantse laan). By die eerste stel ligte (30m) draai regs in Wilsonstraat. 3km verder draai links in 9de laan en dan weer links by die sirkel. Die pad se naam verander na Weltevredenstraat. Draai regs by die volgende sirkel in Normanrylaan. Die 4de huis aan die regterkant is no. 49.

Vanaf 14de laan
Ry noord op die N1 en draai dan links in die 14de laan se afrit. Ry verby die MTM Innovation Park aan u linkerkant en draai dan links in Davidsonstraat. Dan weer regs in die tweede straat, 12de laan. Ry verder in 12de laan tot by die T-aansluiting. Draai dan links in Normanstraat, nommer 49 is dan aan u linkerkant.

Vanaf O R Tambo lughawe

Neem afrit 46 vanaf die lughawe wat een word met die R24, rigting Johannesburg. Ry aan vir 8km en dan na die N12/R24 vir 1.5km. Neem dan afrit 113 vir N3(S)/N12 na M2/Kimberly/Germiston/Durban vir 1km. Smelt saam met N12/N3 en ry op die N12 vir 25km. Hou aan die regterkant by die vurk, volg die padtekens N1/Pretoria/Roodeport en dan die N1 Suid-Roodepoort. Ry dan verder reguit en volg dan die aanwysings soos vir vanaf die N1.

Vanaf Lanseria lughawe

Ry uit die lughawe-gebied na Ashantiweg, draai links en ry aan tot by die T-aansluiting. Draai links in R512 Pelindabaweg. Ry dan (pad word later Molibongwe) verder tot by die N1 Bloemfontei/Roodepoort afrit, links op die N1 waar dit 'n draai maak, rigting Suid. Bly op die N1 tot by Beyers Naude. Volg dan die aanwysings hierbo.
Vanaf die N1.

Vanaf Beyers Naude Rylaan

Indien u noord op Beyers Naude ry, sal u verby die Cresta Mall parkeerterrein aan die regterkant en die Visionmet Eye Clinic aan jou linkerkant ry. By die volgende stel verkeersligte draai u links in Pendoringweg, Mac Donalds aan jou linkerkant, ry verder vir 2.5km tot by die verkeersligte by die
El Corro Winkelsentrum aan jou linkerkant en die BP vulstasie ver links. Draai regs in Weltevredenweg (dit word 9de Laan). By die 2de sirkel draai u links in Norman-weg nommer 49, dit is die 4de huis aan u regterkant.

AANWYSINGS VANAF SANDTON

- Vertrek van GREYSTON DR
- Draai regs in SANDTON DR
- Draai regs in WILLIAM NICOL DR
- Draai links in REPUBLIC ROAD
- Ry reguit vir omtrent 5 kilometers
- Draai regs in JUDGES AVENUE
Volg dan die aanwysings vanaf Cresta hierbo.

AANWYSINGS VANAF WESTONARIA
-
Vertrek vanaf R28 rigting Noord
- Draai regs in N12
- Ry reguit tot op N1 Noord
- Neem die 14th AVENUE- Afrit
- Draai regs in 14th AVENUE
- Volg dan die aanwysings soos vanaf 14de Laan

GPS:
26.1444°S, 27.9455°E