488 on Villiers is 'n groot selfsorghuis met 3 slaapkamers en 3 badkamers met slaapplek vir 6 gaste. Ons is in die Swartland in Clarens – die prentjiemooi dorp in die Oos-Vrystaat.
Die groot kombuis is toegerus met alles wat jy sal nodig kry: 'n oond, air fryer, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, Nespresso koffiemasjien, 'n yskas-vrieskas, wasmasjien, 'n tuimeldroër en vele meer.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n groot etenstafel, ‘n groot kaggel, lugversorging/verwarmer, radio en TV met volle DSTV. Ons het baie gemaklike banke in die verskeie leefareas in die huis. Gratis WiFi toegang is beskikbaar.
Die huis beskik oor ‘n kantoor, leeshoekie, en nog ‘n aparte leefarea. Daar is verskeie boeke, bordspeletjies en kaarte om gaste besig te hou. Ons het ook ‘n DVD speller.
Groot dubbeldeure lei vanaf die eet- en-sitkamer na die ruim onderdak stoep met ‘n gasbraai, ‘n tuinstel en aparte tafel om by te eet.
Daar is ‘n aparte enkel kamer buite die huis met ‘n toilet en stort.

Die dubbeldeurmotorhuis werk met 'n afstandbeheer en daar is 'n alarmstelsel in die huis. Daar is ook twee aparte afdakke wat onderdak en veilig is agter hekke. Die tuin is ten volle omhein, klein troeteldiere is welkom indien u dit vooraf met ons reël. Die tuin het ‘n klimraam met swaaie vir kinders. Kinders van alle ouderdomme is welkom.

'n Skoonmaakdiens kan gereël word. Reël asb voor aankoms indien u skoonmaak diens benodig.

Die huis is minder as ‘n kilometer van al die fantastiese winkels en eetplekke in Clarens. Let asb daarop dat Clarens baie grondpaaie het en daar ‘n klein stukkie grondpad is om by die huis te kom.

Slaapplek  en Badkamers

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed
En suite badkamer met bad en stort.
Handoeke en linne word voorsien. Dubbeldeure na stoep.

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Driekwartbeddens
Badkamer is oorkant die gang. Slegs ‘n stort.
Handoeke en linne word voorsien. Dubbeldeure na stoep.

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelgrootte-bed
En suite badkamer met bad en stort.
Handoeke en linne word voorsien. Dubbeldeure na stoep.