Noordkus Akkommodasie

»

Westbrook Beach Akkommodasie

»

Selfsorg Vakansie Woonstelle in Westbrook Beach

45 Blue LargoEnglish

Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: North Beach Road
Westbrook Beach
North Coast
KwaZulu-Natal
South Africa
Kontak : Bonny Williamson
Sel : 083-4155650

Blou Largo is geleë op Westbrook Beach,'n pragtige stuk van die kuslyn op die Dolfyn Kus van KwaZulu-Natal.

Hierdie ongerepte strande is ideaal vir entoesiastiese son liefhebbers wat die strande geniet en alles wat dit aanbied. Aktiwiteite soos kreef en strand hengel, snorkel, oesters en mossels versamel of net kyk hoe jou kinders in die rotspoele speel is deel van die ervaring.

Westbrook Beach is geleë tussen Umdloti en Ballito. Dit is 'n klipgooi van die gesogte Zimbali-landgoed. ‘n Kort rit suid (ongeveer 15 min.) sal jou na die Umhlanga Village neem of na die ongelooflike Gateway Entertainment Centre. Pragtige Ballito is slegs 8 minute noord van Westbrook.

Hierdie 2 slaapkamer, 2 badkamer luukse woonstel is modern en is heeltemal toegerus vir ‘n selfsorg vakansie. Dit het direkte toegang tot die strand en het 'n pragtige panoramiese see uitsig  van die sitkamer en slaapkamer. Jy kan van die geleentheid gebruik maak om op die ruim voorstoep terug te sit en die prag van ons kuslyn te geniet. Skemerkelkies en dolfyn besigtiging is sinoniem met hierdie woonstel asook die terapeutiese klank van die branders as jy in die nag wegdryf na droomland. Dit het DStv, “ducted” lugversorging en 'n pragtige graniet kombuis. Daar is braaiplekke sowel as 'n swembad vir u om te geniet.

‘n 2 Minute stap sal jou lei na die immer gewilde Beach Bistro restaurant (die pragtige Prince's Grant). Microlite vlugte, diepsee visvang of besoeke aan 'n krokodilplaas is ook binne bereik.

As jy stil, ongerepte strande wil hê en nog naby genoeg aan Umhlanga en Ballito wil wees, dan is Westbrook Beach ideaal. Met al die nuwe ontwikkeling wat plaasvind, is dit nog steeds die nuwe juweel op die Dolfyn Kus.

Fasiliteite

  • 4 Persone (dubbelbed en 2 enkel)
  • 2 Badkamers (1 bad & 1 bad)
  • Kombuis ten volle toegerus (mikrogolf, wasmasjien, tuimeldroër)
  • Digitale toesluit kluis
  • Volle voor- uitsig oor die see vanaf die sitkamer en hoofslaapkamer
  • DStv
  • Lugversorging
  • Direkte toegang tot strande
  • 2 Veilige parkeerplekke
  • Swembad
  • Braai areas
  • Onderdak patio met stoep meubels
  • Gholf (minder as 5km)
  • Reptielpark (minder as 20km)
  • Restaurant (minder as 5km)

Bladsy Statistieke
72598 besigtings sedert 30 Aug, 2006.
Laas opgedateer op 14 Jun, 2018.