Raak rustig in hierdie private toevlugsoord, wat uitkyk oor die Indiese Oseaan met ‘n wonderlike verhoogde uitsig oor die see, in ‘n luukse en pragtig geleë kokon van gemak. Hierdie is 'n pêrel van privaatheid, of 'n mens op soek is na 'n ontspannende vakansie of op soek is na langer verblyf om die groter  Zululand gebied te verken, noord of suid van Durban, of om dalk 'n boek te skryf ........

Langs die privaat ingang is daar 'n dubbel motorhuis met outomatiese deure. Alle kamers geniet dubbel volume plafonne met waaiers. Die drie dubbel slaapkamers lei uit na die ruim en veilige patio en tuin, net soos die oopplan leefarea. Beide badkamers het 'n bad en 'n aparte stort. Die oop plan sitkamer / eetkamer / kombuis is ten volle toegerus, en die ruim solder kamer bo bied 'n tweede TV, met DSTV, en 'n pool/ snoekertafel vir vermaak. Alle linne en badkamer handdoeke word voorsien, bring egter asseblief jou eie strandhanddoeke.

Al die buitedeure is toegerus met veiligheidshekke, wat terug gevou kan word en dus onsigbaar gemaak kan word indien jy dit verkies, maar dit laat ‘n mens toe om veilig te slaap met oop deure op soel nagte.

'n Stel trappe lei tot ‘n privaat goue strand hieronder en daar is 'n buite stort op die pad terug om die sout en sand van die see af te spoel. Skole bottelneus dolfyne is 'n gereelde verskynsel en in die wintermaande is walvisse ‘n algemene verskynsel. Die rotspoele en die strande is interessant, so ook die voëls van die gebied.

Wêreldklas gholfbane is beskikbaar by Zimbali (Ballito), Umhlali Buiteklub (Umhlali) en Princes Grant (Blythedale). Vir swem / snorkel variasie daar is maklike toegang tot al die ander Noord-kus strande en getypoele via die N2, wild uitstappies is beskikbaar by die nabygeleë Amatikulu en Harold Johnson Natuur Reservate. En daar is fantastiese voël besigtiging by Dlinza woud by Eshowe. Visvang, of dit nou stok, kajak, spies of diepsee is, alles gebeur hier. Daar is 'n paar spa’s by Ballito, groot winkelsentrums by Umhlanga (30 km), Ballito (12 km) en by Tiffany's (5 km) en baie restaurante en algemene vermaak. Die King Shaka Internasionale Lughawe is 30 km se ry weg. Durban met sy verskillende markte, die Moses Mabhida-stadion en Ushaka Marine World is 60km weg en daar is geskikte promenades by Ballito en Umhlanga om jou bene te rek of op die pragtige lang strande by Tinley. Vir besoekers wat opwinding soek is daar Virginia lughawe, en mikroligte vlugte by Ballito. Na 'n vervullende dag, duik in die swembad, geniet 'n skemerkelkie terwyl jy braai, sit jou voete op en ontspan in hierdie ruim woonstel van 260 vierkante meter. Daaglikse diens kan georganiseer word op aanvraag.

Fasiliteite

  • Strand (minder as 100 m)
  • Braai op perseel
  • Braaii - gemeenskaplike
  • Swembad
  • DSTV
  • Veilige parkering
  • Privaat ingang
  • Sekuriteit
  • International lughawe (25km)
  • Motor huur(minder as 20km)
  • Restaurant (minder as 5km)
  • Winkelsentrum (minder as 10km)
  • Boot uitstappies
  • Visvang - by perseel
  • Walvis kyk van perseel (seisoenale)
  • Dolfyn kyk van perseel
  • Kombuis (volledig toegerus)
  • Skottelgoedwasser
  • Wasmasjien en tuimeldroër
  • Mikrogolf
  • Waaiers in al die kamers
  • Snoeker / pool tafel