Ballito is 'n vinnig groeiende dorp geleë aan die Noordkus van Kwa-Zulu Natal. Hoewel in die hart van die Dolfyne kus, is dit slegs 'n halfuur rit vanaf kosmopolitiese Durban en 'n 15 minute rit na internasionale King Shaka lughawe.

Ons ruim eenheid is op die eerste vloer van The Boulders, 'n gesogte en baie gewilde sekuriteits kompleks op Compensationweg, Ballito. Die kompleks grens aan die kus prominade en toegang daartoe is deur 'n sekuriteits hek. Grannys Pool is voor The Boulders en al die ander strande is stapafstand vanaf die strand uitgang.

DIE WOONSTEL BIED DIE VOLGENDE:

  • Oop plan leefarea en drie dubbel slaapkamers in koel seekleure gedekoreer. Hoofslaapkamer met badkamer aangrensend.
  • 'n Moderne en en goed toegeruste kombuis met al die nodige toerusting insluitende wasmasjien en skottelgoedwasser.
  • Twee vol badkamers albei met bad en aparte stort.
  • Hoofslaapkamer met koningin grootte bed en ingeboude kluis in klerekas.
  • Twee slaapkamers met 2 enkelbeddens elk.
  • Vol DStv met kaart asook radio, CD en DVD spelers.
  • Balkon met moderne meubels. Balkon bied  uitsig op tuin, swembad, braai area, see en rotse.
  • Alle kamers is toegerus met plafon waaiers.
  • Alle bedlinne, duvets, kussings en badmatjies word voorsien en is by tarief ingesluit. Handdoeke op versoek teen minimale wasfooi.
  • Een onderdak parkering reg langs die voordeur op die eenheid se vloer.
  • Veilige parkering vir besoekers en sleepwaentjies ook op eerste vloer.

DIE SEKURITEITS KOMPLEKS BIED AAN:

  • Daaglikse vloer en badkamer diens behalwe Sondae en publieke vakansie dae.
  • Gerieflike braai fasiliteite langs die swembad in die tuin.
  • Omheinde swembad met veiligheidsknippe op die hekkies.
  • Ingange na kompleks deur middel van elektroniese hekke met kontak beheer.
  • Twee hysbakke in die gebou vir gebruik na die swembad en prominade vlakke.
  • Bestuurderes van die gebou aan diens gedurende kantoorure asook tot 11 vm. op Saterdae.
  • Gemeenskaplike DStv skottel.
  • Gekontroleerde sekuriteit en sekuriteitswagte snags om veiligheid binne die kompleks te verseker.
  • Strand toegang ook deur sekuriteitshek.
  • Grannys beach is reg voor The Boulders met klein inham poele vir kinders.  Hoofstrand en ander strande is 'n kort stappie met die prominade langs.

'n Vakansie by Boulders 110 bied velerlei aktiwiteite : rustige dae op die strand, ontspanning in 'n gerieflike skoon en goedtoegeruste eenheid, uitsig op die see waarin dolfyne dikwels baljaar, stap en sit op die prominade, plus inkopies en fliek in die nuwe moderne sentrums in die besigheidsdeel van Ballito.

Sport fasititeite soos gholf, tennis en perdry is beskikbaar na aan Ballito. Helikopter ritte asook mikrolig vliegritte is ook beskikbaar gedurende meeste seisoene.

ONTSPAN, RUS EN GENIET BY BLYE DAE! 

Fasiliteite
  • boot / mariene sleephelling (binne 5 km)
  • braai - kommunale
  • buite swembad
  • films / teater (minder as 5km)
  • Golf (minder as 5km)
  • kluis
  • kombuis (volledig toegerus)
  • lewendige vermaak (minder as 3 km)
  • mediese geriewe (minder as 5km)
  • mikrogolf in eenheid
  • motorhuur (minder as 20km)
  • natuurroete (minder as 2 km)
  • oefening fasiliteite (minder as 5km)
  • parkering op die terrein
  • restaurant (minder as 5km)
  • skottelgoedwasser
  • strand (absoluut op die strand)
  • tee / koffie fasiliteite
  • televisie in die kamer (nie-satelliet)
  • visvang (minder as 3 km)
  • walviskyk op die terrein
  • wasgeriewe (minder as 2 km)
  • wasmasjien in eenheid