Durban Akkommodasie

»

Umhlanga Rocks Akkommodasie

»

Selfsorg Vakansie Woonstelle in Umhlanga Rocks

16 Glitter BayEnglish

Ligging & Kontak Besonderhede
Adres: Lagoon Drive
Umhlanga Rocks
Durban
KwaZulu Natal
Kontak : Bonny Williamson
Sel : +27-83-4155650

Glitter Bay is geleë op Umhlanga se Brons Strand en spog met ‘n uitsonderlike uitsig, direkte toegang tot die gewilde strand, promenade wandelpad  en swem strande, goeie sekuriteit en 'n pragtige gemeenskaplike swembad en braai area.

Jy kan die atmosfeer van hierdie kusdorpie geniet met al die beste geriewe op jou voorstoep. Die woonstel word daagliks gediens (behalwe oor naweke en openbare vakansiedae). Die woonstel, wat uitkyk oor die Indiese Oseaan, bestaan uit 'n sitkamer, eetkamer, ten volle toegeruste kombuis, 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim patio. Bring asseblief jou eie handdoeke en toiletware.

Umhlanga is bekend vir sy wonderlike vakansie gevoel en sonnige klimaat wat elke jaar miljoene besoekers lok. Vakansiegangers geniet die pragtige wye strande, die seelewe en jy kan selfs dolfyne te sien kry. Die promenade wandelpad word sterk aanbeveel want dit gee jou 'n pragtige uitsig van Umhlanga van die een kant na die ander.

Branderplank ry, snorkel, wind surfing, visvang of ‘n rit op ‘n skiboot is net ‘n paar van die aktiwiteite wat ‘n mens op die strand kan geniet. Umhlanga spog ook met onvergeetlike en gedenkwaardige plekke soos die Portnet Vuurtoring en die immer bekende Oyster Box Hotel. Ander groot aantrekkings is Granny’s Pool, die Hawaan Inheemse Woud plus Gateway “Theatre of Shopping” wat ‘n MOET SIEN is!.

As jy dobbel geniet is Sibaya Casino die plek waar jy jou fortuin kan maak en die wiel kan laat draai. Hierdie vermaaklike ervaring is net 10 minute se ry vanaf Umhlanga. Vir die gholfspeler is Mount Edgecombe bane binne maklike bereik.

Soos jy kan sien is Umhlanga die plek om te wees, ingestel op vakansiegangers.

16 Glitter Bay fasiliteite

  • Kapasiteit 6 mense (1 koningsbed, 2 dubbel beddens)
  • 2 badkamers (1 bad & 2 storte)
  • Kombuis ten volle toegerus (mikrogolf, wasmasjien en tuimeldroër).
  • Kluis
  • Volle see uitsig.
  • Braai op patio.
  • Volle DStv word voorsien.
  • Lugversorging.
  • Direkte toegang tot promenade / hoof strande.
  • Dubbel toesluit motorhuis.
  • Ten volle toegeruste wassery op die perseel
  • Lughawe (minder as 15km)
  • Boot / mariene sleephelling (binne 5km)
  • Motorhuur (minder as 20km).
  • Private vliegveld (minder as 15km)
  • Reptielpark (minder as 20km)
  • Restaurant (minder as 5km).

Bladsy Statistieke
52474 besigtings sedert 14 Feb, 2008.
Laas opgedateer op 23 Feb, 2018.