Bly Plekke Logo

Erongo

OorsigVerblyf

Erongo

Erongo is een van 14 streke van Namibië en is goed bekend vir sy kleurvolle vulkaniese landskappe, rotskuns, woestyn-olifante en swartrenosters. Erongo is vernoem na die Erongoberg wat 'n baie bekende landmerk in Namibië is, Erongo is 'n goed gevestigde streek in Namibië met myne, skole, hospitale en klinieke.

Namibië se koudste maande is Julie en Augustus. Omdat dit 'n semi-woestyn is, is die dae gewoonlik warm en die nagte soms baie koud. Namibië se reënval is gewoonlik van November tot Februarie. In die somer kan die temperatuur maklik tot 40°C styg. Gedurende die winter is die temperatuur gedurende die dag aangenaam, maar daal dan tot onder vriespunt in die nag. Die Namib woestyn is die mees aanskoulikste gebied van hierdie streek omdat sy pragtige landskap betowerend is en gedurig verander. Die kusstreek van die Erongostreek is meer algemeen bekend as die Skedelkus en word druk besoek deur toeriste van oral oor die wêreld.

Aktiwiteite:
Daar is 'n groot verskeidenheid van sport-aktiwiteite beskikbaar, soos visvang en windseil. Elke jaar bied Erongo 'n seiljag-reisies, tussen Walvisbaai en Swakopmund aan. Ook 'n wedvaart vir windseil en Hoby cats. In Desember is daar 'n triaton en gedurende Oktobermaand 'n maraton wat deur die woestyn gehardloop word.

Gewilde Dorpe

Wys 1 tot 20 van 21 eenhede
Wys 1 tot {{total}} van {{total}} eenhede
Geen resultate
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Erongo Verblyf en Inligting. Erongo, Erongo.
WTS App Browser