Bly Plekke Logo

Noordwes Verblyf. Hanteer Direk, Betaal Minder

Pilanesberg National Park - beauty & tranquility guaranteed  © Gordon Flood, License
Kies 'n Dorp

Noordwes Verblyf. Hanteer Direk, Betaal Minder

Alhoewel hierdie streek hoofsaaklik 'n boerdery gemeenskap was, wat veral mielies en sonneblom verbou het, is die Noord-Wes provinsie ook ryk aan minerale soos goud en platinum.

Vir 'n vakansie-keuse is Noord-Wes nie sonder sy aantreklikhede nie. 'n Aantal uitstekende wildreservate is gevestig, insluitende die Pilanesberg Nasionale Park, bekend as "Die juweel van die Noord-Weste". Hierdie reservaat is in 'n krater van 'n uitgewerkte vulkaan geleë, en is die tuiste van die Groot 5.

Aangrensend aan die Pilanesberg Nasionale Park is die bekende Sun City Ontspanningsoord en The Place of the Lost City, wat baie aktiwiteite bied, insluitend wêreldklas gholf, dobbel, 'n pretpark, aktiewe deelname aan video en ander pret-speletjies, nagemaakte vallei van golwe, volledig met eie strand, bioskope, restaurante, ens.

Suid-Oos van Pilansberg lê die Magaliesbergreeks, langer as 120 kilometer. Naby Gauteng en gesetel aan die voet van hierdie berg, is die Hartbeespoort-dam, 'n gewilde bestemming vir Gauteng se stadsbewoners. Ontspanningsgeriewe dek 'n groot verskeidenheid van watersport en hengel, kabelspoor-ritte na die kruin van Magaliesberg en warmlug-ballone.

Of dit nou die Casino's is, of die aanloklikhede van Sun City of 'n Afrika-safari, is die Noord-Wes provinsie die plek om weg te kom van die alledaagse romp-slomp.

{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Noordwes Verblyf en Inligting.
WTS App Browser