Blue Yonder is geleë in een van Vishoek se mees gesogte dele. Ideaal geleë teen die berghang, kombineer hierdie woonstelle luukse vakanieverblyf met asemrowende uitsig op die strand en see. Vishoek se strand bied 'n uitstekende veilige swemplek en die onbesoedelde strande is slegs 3 tot 4 minute se stap weg. U kan ook ontspan op die terasse terwyl u die fantastiese manewales van die walvisse en dolfyne in die seisoen geniet (Julie tot November).
Om by die verstommende uitsig aan te pas, het u gaspaar, Sally en Bruce Elliott seker gemaak dat elke kamer vir die oordeelkundige gaste die beste dekor en afwerking bied.
Al drie woonstelle bied:
Luukse en smaakvolle meubels, ruim en sonnige ontvangskamers met al die slaapkamers geskik vir 2 persone. Die modernste toestelle. Gemaklike beddens met die beste bedlinne. Ruim Noordaansig terasse met braaigeriewe en pragtige tuinmeubels. Satelliet Tv en klanksisteem. Beheerde toegang. Diefalarm en muurkluis. Toesluit motorhuise. Daaglikse huishulp (behalwe naweke en publieke vakansiedae).
Kies u verblyf:
Woonstel 1 (1 slaapkamer): 'n 57m² Oopplan kombuis/eet/sitkamer, met 'n buitedeur na 'n pragtige tuin en grasperk. Aparte slaapkamer met 'n konings-grootte dubbelbed en eie badkamer.
Woonstel 2 (twee slaapkamers): 'n 130m² Oopplan kombuis/eet/sitkamer, met 'n buitedeur na 'n baie ruim dek. Die hoofslaapkamer het 'n konings-grootte dubbelbed en eie badkamer. Slaapkamer 2 het 2 enkelbeddens met 'n tweede vol badkamer.
Woonstel 3 (het 3 slaapkamers): 'n 150m² Oopplan kombuis/eet/sitkamer, met 'n buitedeur na 'n baie ruim dek. Die hoofslaapkamer het 'n konings-grootte dubbelbed en eie groot badkamer. Slaapkamer 2 en 3 het elkeen 2 enkelbeddens met 'n tweede vol badkamer.
Woonstelle 1,2,& 3 het saam 6 slaapkamers. Groepe of groot families kan die hele kompleks gesamentlik bespreek.
Dinge om in die omgewing te doen
Slegs 3 tot 4 minute se stap bring u tot by een van die mooiste en veiligste strande van die Kaap - U sal dan waarskynlik nie verder wil verken nie.
Nogtans, die volgende aanloklikhede is baie naby.
Voetslaan- en grot-roetes in die naby-geleë berge. Hengel en snorkel vanaf die rotse langs Vishoekbaai se strand-wandelpad. Uitstekende restaurante. Die ouderwetse, antieke winkels, kunsgallerye en prentjies-mooie vishawe van Kalkbaai. 'n Uitstekende gholfbaan binne 5 minute se reistyd. Constantia Wynroete binne 10 tot 15 minute reistyd. Kaapstad se middestad, die bekende Kampsbaai en die lughawe is 25 tot 30 minute se reistyd weg.
Cape Town Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Cape Town Self Catering Accommodation • Cape Town Star Graded Accommodation • Fish Hoek Self Catering Apartment, Flatlet Accommodation • Fish Hoek Self Catering Accommodation • Fish Hoek Star Graded Accommodation
Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!