Bly Plekke Logo
  • 1 of 17
    1/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 2 of 17
    2/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 3 of 17
    3/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 4 of 17
    4/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 5 of 17
    5/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 6 of 17
    6/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 7 of 17
    7/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 8 of 17
    8/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 9 of 17
    9/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 10 of 17
    10/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 11 of 17
    11/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 12 of 17
    12/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 13 of 17
    13/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 14 of 17
    14/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 15 of 17
    15/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 16 of 17
    16/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 17 of 17
    17/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 1 of 17
  • 2 of 17
  • 3 of 17
  • 4 of 17
  • 5 of 17
  • 6 of 17
  • 7 of 17
  • 8 of 17
  • 9 of 17
  • 10 of 17
  • 11 of 17
  • 12 of 17
  • 13 of 17
  • 14 of 17
  • 15 of 17
  • 16 of 17
  • 17 of 17

Aspen Guest House and Self Catering Cottage

Bed & Breakfast Accommodation In Clarens

*Vanaf R250
Per persoon per nag (wat deel)
*Tariewe kan verskil volgens seisoen/aantal mense
Ondersoek Beskikbaarheid + Tariewe + Maak Bespreking Beskikbaarheidskalender English
Ligging & Kontak Besonderhede
Adres:425 Berg Street, Clarens, Free State, South Africa

Betalings Opsies
  • Cash on arrival Cash on arrival
  • EFT / Bank Transfer EFT / Bank Transfer
  • Sorry, Credit cards not accepted Sorry, Credit cards not accepted
Eienaar Taalopsies
  • English
  • Afrikaans
Spesiale Kategorieë
  • Interesante Blyplekke
    Why is your establishment interesting?
    Locality - Bordering onto mountain Access to hiking trails Lots and lots of books

  • Troeteldier-vriendelike Akkommodasie
    The following apply
     Small dogs

  • Quad / 4x4 / Fietsroete Verblyf
    The following apply
     Bring your own bicycle

  • Meer As 10 Gaste Verblyf
    Your establishment has capacity to cater for groups of 10 or more.
     Yes

Bladsy Statistieke
37061 besigtings sedert 25 Aug, 2011.
Laas opgedateer op 17 Feb, 2023.
First year listed on WhereToStay.co.za

Aspen Guest House and Self Catering Cottage

Bed & Breakfast Accommodation In Clarens

Welkom by Aspen Guest House! Ons leuse, "Ons is anders", word weerspieël in ons ligging, die uitsig op en vanaf die eiendom, die ontwerp van ons kamers, die diens wat ons lewer en u gasvrou.

U gasvrou is Alae Grabe en haar twee Great Dane seuns, Patrys and Portret. Hulle lewe op die eiendom in hulle eie gebied, maar verwelkom graag iedereen!

Alae het in 2003 na Clarens getrek en geniet die meer ontspanne leefstyl, alhoewel sy steeds praktiseer as 'n Dorps- en Streeksbeplanner is sy die meeste van die tyd tuis om die huis en tuin te geniet, asook haar kwiltwerk.

Aspen Guest House kan verblyf aanbied vir tot 12 volwassenes, asook 'n aantal kinders. Daar is ook 'n selfsorg-kothuis beskikbaar.

Die hoofhuis het 4 slaapkamers; 3 kamers met dubbelbeddens en 'n 4de kamer met 'n dubbelbed, 'n bababedjie en 'n dagbed. Ontbyt kan in die kamers bedien word.

Ons is tussen die berg en die rivier geleë. Die eiendom grens aan die berg en het oop spasies aan die ander 3 kante. Die klein riviertjie wat deur die dorp loop vorm die een grens - dit maak die hele eiendom 'n ideale plek om te kom rus en te ontspan.

Wanneer u Aspen binnekom, is dit die begin van 'n belewenis. Die vuurmaakplek by die ingang verhit die huis en ook onmiddelik die hart. Ons kamers is ruim en elkeen is versier volgens 'n spesifieke tema. Met name soos Music, Writer, Nature, Artist and Quilters kan u verseker wees dat daar 'n unieke ervaring op u wag. Versoek eenvoudig 'n spesifieke kamer met elkeen van u besoeke om elke tema te ervaar.

Wat maak ons anders?

  • Die uitsig op en vanaf die eiendom is so aanskoulik dat u geen behoefte sal hê om weg te gaan nie!!!
  • Baie boeke om te geniet;
  • Ontbyt in die bed;
  • Vuurmaakplek in die woonkamer en leeshoekie;
  • Die rotse op die eiendom;
  • Ruim slaapkamers;
  • Die kreatiewe dekor in elke kamer;
  • Groot eiendom;
  • Stap-afstand na dorp, maar weg van die dorp se lawaai;
  • Die woongebied;
  • Braaigebiede;
  • Verskeie interessante hoeke;
  • Ons is pret!!!!
  • Ons is geleë naby verskeie wandelpaaie.

Die woonkamer
'n Gemeenskaplike woonkamer met 'n vuurmaakplek bied aan u 'n warm en huislike omgewing. Een groot boekrak, baie speletjies, DSTV en 'n musieksentrum voorsien alles wat nodig is om 'n gerieflike verblyf te verseker.

Boontjiesakke en komberse is rond gestrooi om tot die gesellige atmosfeer by te dra. Neem 'n boontjiesak saans bed toe om u hande te verwarm terwyl u 'n boek lees, of geniet 'n koppie warm sjokolade.

Ontbytkamer
Net langs die vuurmaakplek in die wye gang is die ontbytkamer. Geniet 'n ontbyt van u keuse, langs die vuur.

Die sitkamer-stoep
Hier sal u baie koppies tee en koffie geniet. Die uitsig is asemrowend en kan geniet word terwyl u koffie drink en die goeie geselskap geniet oor 'n gesamentlike ontbyt.

Die buite-leeshoekies
Onder die rots is 'n pragtige plek om te sit en die dag te geniet sonder inagneming van die werklikhede van die lewe.

Die braaigebiede
'n braaigebied is vir die gaste beskikbaar. Alhoewel ons nie aandetes aanbied nie, kan u die braaigebied bespreek vir die aand. Ons sal u voorsien met al die gereedskap wat nodig is vir 'n genotvolle aand.

BED EN ONTBYT VERBLYF

Music room
Geniet die luuksheid en nostalgiese gevoel van die musiekteaters van die verlede. Die uitsig vanaf die bed is direk op die berg wat net 'n klipgooi vanaf die stoep is. Dis die ideale plek om u ontbytmandjie te neem om die oggend in gemak te geniet. Die kamer is versier met fotos van Suid-Afrikananse musiek-ikone, boeke oor musiek en verwante onderwerpe. Selfs die badkamer met sy unieke stort sal u herinner aan die dae lank gelede. Onthou om 'n boontjiesak te gryp om u hande te verwarm terwyl u 'n boek in die bed lê en lees.

Writers room
Hierdie is net die kamer om daardie kreatiewe vermoëns te stimuleer. Die subtiele kleure van blou bied die ideale atmosfeer om in te ontspan. Die stoep is groot en is toegerus met 'n dagbed wat ideaal is vir 'n dag se ontspannende lees. Wat meer sal u wil hê?  Onthou om 'n boontjiesak te gryp om u hande te verwarm terwyl u 'n boek in die bed lê en lees.

Nature room
Hierdie kamer het 'n 270° uitsig - begin by die rivier, oor Horeb-berg en eindig teen die berg op die grens van die eiendom. Ontspan op die dagbed by die boogvenster met 'n goeie boek en vergeet die realiteite. Onthou om 'n boontjiesak te gryp om u hande te verwarm terwyl u 'n boek in die bed lê en lees.

Hierdie kamer het 'n bababedjie en 'n Tv om die kinders se belangstelling te hou terwyl mamma en pappa die uitsig geniet en ontspan. Dit het ook 'n klein yskassie en mikrogolfoond om in die behoeftes van die klein mensie te voorsien.

Artist room
Die uitsig op die Horeb-berg is besonders. Hierdie kamer reflekteer die lewe van kunstenaars in 'n humoristiese lig. Die stoep bied 'n ekstra spasie vir u eie ontspanning. Onthou om 'n boontjiesak te gryp om u hande te verwarm terwyl u 'n boek in die bed lê en lees.

Ontbyt

Wie wil nou op 'n Saterdag- en Sondag-oggend opstaan vir ontbyt? Ontbyt word in u kamer bedien!! Maak elke oggend u ontbyt-mandjie oop om die dag se verrassing te ontdek.

Die mandjie word elke dag verskillend gepak met 'n verskeidenheid van eetgoed. Vars skons, muffens, kaas, ham, tuisgemaakte konfyt, vrugtesap en vars plaasprodukte is van die smaaklike geregte wat u kan verwag om in die mandjie te kry. Daar is genoeg kos in die mandjie om u vir die res van die dag te onderhou.


SELFSORG VERBLYF

Die eenheid is goed toegrus, vanaf lakens en handdoeke tot die nodige kookgereedskap, stoof, mikrogolfoond en yskas. Die kamers is goed toegerus om die winterkoue te temper.

Die selfsorg-kothuis het twee slaapkamers (een konings-grootte- of twee enkelbeddens en een met 'n enkelbed), 'n sitkamer, kombuis en en-suite badkamer (bad en stort). Die een slaapkamer kyk uit op die berge en die ander een oor die tuin.  Die beskutte en privaat braaigebied is toeganklik vanaf die kombuis. Hierdie eenheid is troeteldier-vriendelik. DSTV is in die eenheid beskikbaar.

Geriewe:

  • Individuele braaigebiede
  • Kombuis (goed toegerus)
  • Mikrogolf in eenheid
  • Parkering op terrein
  • Privaat ingang
  • Radio in kamer
  • Tee en koffiemaak-geriewe.
  • DSTV in kamer
  • DSTV in kamer (bring u eie kaart)


Geriewe rondom die eiendom

Die natuurlike swemplek
Die klein riviertjie aan die een kant van die eiendom het 'n pragtige plek om af te koel. Dit is die ideale plek vir kinders om in te speel terwyl die ouers hul voete in die stroom afkoel.

Staproetes
Twee staproetes is langs die eiendom, die een langs die rivier en die ander een op teen die berg. Dit bied aan die natuurliefhebbers die beste van die Oranje Vrystaat se natuur.

Vir die sakepersoon
Ons kantoor is goed toegerus met al die nodige toerusting wat u mag nodig kry in 'n sake noodgeval. ADSL, skandeerder, ens. is beskikbaar vir u gerief.

Vermake in die omgewing:

Die vermake in die gebied bied aan u 'n wye keuse van toeriste-voorkeure. Vanaf kunsgallerye tot boekwinkels, van wynkelders tot restaurante, van Golden Gate Nasionale Park tot quadfiets-ry. 'n Verskeidenheid van kunsgallerye, eetplekke, boekwinkels, wynkelders, interessante winkels, Golden Gate Nasionale Park, staproetes, wildbesigtigings-ritte, grootwild, Dinosaurus-bane en kunsvlieg-hengel.

Fasiliteite
  • DSTV in kommunale gebied
  • Fietsroetes
  • Kaggel
  • Verwarmers in eenheid
  • Perdry (minder as 5km)
  • Internet fasiliteite
  • Wasgeriewe (minder as 2 km)
  • Mediese geriewe (minder as 5km)
  • Natuurroete op die terrein
  • Parkering op die terrein
  • Gediens
Maak Google Map oop
  • Aanwysings
    Vanaf Johannesburg:
    Neem die N3 na Celliers, ry na Frankfort, neem die Reitz-afrit ná Frankfort en dan reguit na Bethlehem. Vanaf Bethlehem, ry na Clarens. As u Clarens binnekom, ry na die plein en draai regs in Van Zylstraat. Aan die einde van die straat sal u die gastehuis sien. Ons straat-adres is Bergstraat 425.

    Vanaf Bloemfontein:
    Ry na Winburg, Senekal, Bethlehem. Vanaf Bethlehem ry na Clarens. As u Clarens binnekom, ry na die plein en daar regs in Van Zylstraat. Aan die einde van die straat sal u die gastehuis sien. Ons straat-adres is Bergstraat 425.

    Alternatiewelik kan u deur Ficksburg, Fouriesburg ry.
Aanwysings
Vanaf Johannesburg:
Neem die N3 na Celliers, ry na Frankfort, neem die Reitz-afrit ná Frankfort en dan reguit na Bethlehem. Vanaf Bethlehem, ry na Clarens. As u Clarens binnekom, ry na die plein en draai regs in Van Zylstraat. Aan die einde van die straat sal u die gastehuis sien. Ons straat-adres is Bergstraat 425.

Vanaf Bloemfontein:
Ry na Winburg, Senekal, Bethlehem. Vanaf Bethlehem ry na Clarens. As u Clarens binnekom, ry na die plein en daar regs in Van Zylstraat. Aan die einde van die straat sal u die gastehuis sien. Ons straat-adres is Bergstraat 425.

Alternatiewelik kan u deur Ficksburg, Fouriesburg ry.
Bladsy Statistieke
37061 besigtings sedert 25 Aug, 2011.
Laas opgedateer op 17 Feb, 2023.
First year listed on WhereToStay.co.za
Kaartaansig

Satellietaansig
Kaartaansig
Straataansig
Beskikbaarheids kalender

Aspen Guest House and Self Catering Cottage
Slide calendar from left to right

Wag u op 'n spesiale ooreenkoms?

Spesiale aanbiedings! Ontvang vroeë kennisgewings

Klik op die blou knoppie op die bladsy van 'n eiendom en ontvang kennisgewings sodra hulle 'n spesiale transaksie plaas!

Spesiale aanbiedings

Teken in en word in kennis gestel die oomblik dat hierdie eiendom 'n spesiale aanbod plaas!

Wees die eerste om te weet en mis nooit uit nie!

'n Bevestigingsboodskap sal aan u gestuur word voordat hierdie intekening geaktiveer is.
* Book Online
  • 1 of 17
    1/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 2 of 17
    2/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 3 of 17
    3/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 4 of 17
    4/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 5 of 17
    5/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 6 of 17
    6/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 7 of 17
    7/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 8 of 17
    8/17 - Bed and Breakfast - Clarens
  • 9 of 17
    9/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 10 of 17
    10/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 11 of 17
    11/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 12 of 17
    12/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 13 of 17
    13/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 14 of 17
    14/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 15 of 17
    15/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 16 of 17
    16/17 - Self Catering Cottage - Clarens
  • 17 of 17
    17/17 - Self Catering Cottage - Clarens
{{heading}}

{{place.name}}

{{place.category}}

{{place.info}}

Special Categories

Sign-up to our Great Escapes newsletter

© BlyPlekke.co.za 1998-2024 blyplekke_live
Aspen Guest House and Self Catering Cottage - Clarens Verblyf.
WTS App Browser